Die kuierstoep > Die Gorrel plek
Grondpad
Gawelina:
So vat ek toe mos vanoggend myse gryse ou moeder om by haar vriendin te gaan tee drink. Die girl wat dit als gereël het, moes toe mos haar wiele Kimberley toe vat en ma moet haar deel doen.
Ewentewel, ek vat die grondpad met my wieletjies, Ouma, Tarina en Cieran. Dis blerrie lelike pad en ek dink nog by myself: "self, nou ry jy darem 'n k%* pad. Gelukkig borsvoed jy nie, want dan het die baby sowaar botter gekry vir lunch." So skud ons verder teen 'n helse spoed van 40 km/uur. Wragtag, sien ek die padspoed is 60. Dog ek so by myself, wie de hel wil nou so vinnig ry op dié pad? Jimmel, die mense moet mal wees.
Ek dink my tande is 'n paar millimeter afgeslyt soos hulle op mekaar geklap het en ek wonder of my harsings nie ook heel deurmekaar geskud is nie.
Wel, ons het heelhuids daar en tuis gekom. My kop en 'n paar ander goed wikkel en dril nog steeds, maar ek dink teen môre die tyd behoort ek oor die ergste seesiek te wees.
"Was dit 'n sinkplaatpad?" hoor ek jou vra. Nee hel, jy kan nie 'n sinkpaat so beledig nie! Ek is seker hulle het ook gevoelens, al is dit net yskoue staal. Dis 'n breë pad, maar vader weet die hele pad is amper soos daai fyn geplooide rompe wat ons jare gelede gedra het. Ek is seker as 'n vrou in daai omgewing bly en swanger raak, moet sy liefs die hele 9 maande in die dorp loseer, want daai baby sal wraggies uitskud.
G'n wonder ons volksmoeders het gesê liewer kaalvoet oor die Drakensberge as met 'n donkiekar op Suid-Afrika se paaie nie.
PM:
Giggel ek so tussen die lees deur en Hannes wil weet waaroor lag ek. Toe lees ek gou vir hom en hy dink ook dit is goed geskryf. Gaan ons twee so lag-lag die nuwe dag in. Dankie vir die deel Gawie.
Gawelina:
Dit is 'n plesier jong. Die ergste is dat ek van Maandag af weer elke dag 'n stukkie van daardie pad skooltoe en terug moet ry. Wat 'n depressiewe gedagte!
Trapsoetjie:
Ek het nou so saam jou gery dat dit voel of ek ook nou moet regskuif op my stoel. Baie goed geskryf.
Wanneer ek so 'n pad ry, ry ek met 'n spoed, nee, regtig vinnig. Dan vang ek net nou en dan grond, en is die stamp heel wat minder. :evil6:
:angel12:
PM:
Ag nee! Die skole het dan net gister gesluit! Sterkte aan almal wat so 'n ou kort vakansietjie gehad het.
Ek stem, dit is beter om so 'n pad vinnig te ry, maar nou-ja, elke voordeel het mos 'n nadeel.
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version