Author Topic: Om te dig met "Geleende woorde uit ander tale"  (Read 11028 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Om te dig met "Geleende woorde uit ander tale"
« on: July 12, 2012, 12:46:59 AM »
'n Bietjie Tyd

Tick-Tock Tick-Tock
poca
so min nou oor, van geleende tyd

Tick-Tock Tick-Tock
pochi
gee my asseblief so bietjie meer!

© Meraai vannie baai

*Tick-Tock (a fictional character that could control time, causing people to freeze in place)
*poca (little not much)
*pochi (few not many)

Doop jou elektroniese pen in die kreatiewe ink - gryp die woordeboeke en laat die ABC kreun!  :toothy4:
« Last Edit: May 28, 2018, 11:12:20 PM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Om te dig met "Geleende woorde uit ander tale"
« Reply #1 on: July 12, 2012, 12:52:54 AM »
Nog 'n voorbeeld:

Voilà vir die Woord-Arties

Ek skommel die ABC
nes kleintydse dolosse:
Tä dä!

Pronk daar gou 'n vers of twee
van kul jou hier en kul jou daar:
Voilà!

In die gehoor aan my voete
word elke woord geweeg
en te lig bevind ...
Selah.

© Meraai vannie baai

* Voilà (spreek uit vwaalaa ) / ta-da (tä dä′) .. there you are .. there it is!



« Last Edit: July 12, 2012, 01:16:09 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Om te dig met "Geleende woorde uit ander tale"
« Reply #2 on: July 12, 2012, 01:18:29 AM »
Hier is PM se pragvoorbeeld:

Enitor (om te werk, vrugbaar te wees).

Memento mori
‘n eeue oue storie
ek kan bely
die lewe glip gou verby

Cito, laat niks jou rem
die oggend stond
het goud in die mond
Cito! Carpe diem!

© Piet Magriet

Memento mori ("Onthou ons is verganglik, ons moet sterf, ons sal sterf)
Cito ( gou, spoediglik, sonder versuim)
Carpe diem (pluk die dag, gryp die oomblik aan)


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Om te dig met "Geleende woorde uit ander tale"
« Reply #3 on: July 12, 2012, 04:50:11 AM »
Was soooo bly toe ek hierdie voorbeelde van jou weer ontdek tussen die woordeboek se rugstut wat jy vir my doerie jare aangestuur het PM. Duisend dankies weereens. Dit is meer as goud en silwer werd want die ou boekie van woorde is nou soos mis voor die son .... weg. Gone.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Om te dig met "Geleende woorde uit ander tale"
« Reply #4 on: July 12, 2012, 04:55:32 AM »
As ek so deur die goed lees dan besef ek dat baie van my skryfseltjies gebore is uit die oefen van gedigstrukture.

Ja, ek het 'n briefie van Willem ontvang dat die "blog" verwyder is. 
Hoekom weet ek nie, maar ons sal die meeste weer hier kan vasvat en saambind matertjie. 
Om te dink, ek het so lank terug bevrees geraak dat ons boekie dalk uit die hemelruim sal verskiet! Wonder net of dit heeltemal uitgebrand het of waar het dit geval?

Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Om te dig met "Geleende woorde uit ander tale"
« Reply #5 on: March 11, 2013, 09:39:10 AM »
Hierdie struktuur moet boek toe.  Kom julle ouens, ek wag vir nog voorbeelde.  Seblief  :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Om te dig met "Geleende woorde uit ander tale"
« Reply #6 on: March 12, 2013, 05:07:43 AM »
Ek is al sooooo opgewonde oor boek twee  :love7: :hello2:

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Om te dig met "Geleende woorde uit ander tale"
« Reply #7 on: March 12, 2013, 05:14:51 PM »
haiku

bon soir mon chat noir
petit ami sans merci,
naturellement

 :glasses9:

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Om te dig met "Geleende woorde uit ander tale"
« Reply #8 on: March 12, 2013, 05:23:19 PM »
senryu

Ad infinitu
confortare esto vir,
vini vici quo?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Om te dig met "Geleende woorde uit ander tale"
« Reply #9 on: March 12, 2013, 08:39:22 PM »
Ha ha, lag ek nou te lekker Marius.  Jy moet net hier en daar 'n woord leen uit 'n ander taal en nie die hele gedig daarin skryf nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Om te dig met "Geleende woorde uit ander tale"
« Reply #10 on: March 13, 2013, 03:48:41 AM »
Deo Valente

Deo juvante
met God se hulp
kom ek oor die bult

Deo gratias
aan God dank
vir elke klank

Deo favente
met God se goedkeuring
dra ek Andre se trouring

Deo Valente
soos God wil
daarom wees still

Deo, non fortuna
van God, nie met kans
daarom bly ek dans

Deo valente
Deo gratias
Deo bona fide

© Ah,Willa!

-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=

bona fide - in good faith
Deo - God
Deo valente - in God's will
Deo gratias - thanks be to God
Deo juvante - with God's help
Deo favente  - with the favor of God.
Deo, non fortuna - from God, not from chance.


-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-

PM is dit buld of bult??



« Last Edit: March 13, 2013, 10:55:51 AM by Ah Willa »
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Om te dig met "Geleende woorde uit ander tale"
« Reply #11 on: March 13, 2013, 08:42:42 AM »
Pragtig Wils. 
Gewoonlik kan 'n mens vasstel of die woord met 'n d of 'n t eindig wanneer jy dit in meervoudvorm uitspreek.
Bult sal dus bulte wees. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Om te dig met "Geleende woorde uit ander tale"
« Reply #12 on: March 13, 2013, 10:57:35 AM »
PM d met t vervang - as ek dit lees as jy dit skryf maak dit sin ... as ek dit hier op my eie probeer uitwerk, selfs in die meervoute dan maak dit nie sin .. dis asof die klanke my so verwar dat ek selfs nie die reels kan onthou nie ...

kan ons dalk 'n verwysing hoekie in die Biblioteek kry - waar sulke reels vir reference kan wees??

dalk het ons nog dyslexia maatjies onder ons :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Om te dig met "Geleende woorde uit ander tale"
« Reply #13 on: March 13, 2013, 01:25:13 PM »
Wils, ek sal vir jou die skakel gaan soek.  Dit is daar.  Gee my 'n minuut.

Hier is dit matertjie.

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?board=70.0
« Last Edit: March 13, 2013, 01:28:39 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Om te dig met "Geleende woorde uit ander tale"
« Reply #14 on: March 13, 2013, 08:47:54 PM »
ah-ah - besoek die klaskamer Willa!!   :angel12:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w