Author Topic: Die Naweek  (Read 8614 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Die Naweek
« on: July 12, 2012, 08:49:45 AM »
Ons gaan nou nie weg nie. - en toe ek laas gekyk het was ek nog hier.  :icon_scratch:

Ek het vir ons bietjie vleisies bestel by Deli-co daar in Riebeeck Kasteel. So Saterdag pak ons die bakkie vol mensies en ry vroeg genoeg, so dat ons weer Swartland kan oop vang. Daar sal ons begin en dan van daar na Het Vlock toe vir 'n Olyfie proe.

Plaas toe om die vleisie op te tel en ek hoop regtig hulle het van daai droë-wors wat bietjie anders is. (jammer weet nie hoe spel mens dit nie so ek bly maar by andersedroëwors) Elkgeval, terug na die beplanning. Vandaar sal ons 'n lekker draai ry na 'n plekkie waar ek glo ons nog nie was nie. (Ja toemaar dit het my ook onkant gevang toe ek hoor van die plek waar jy kan sjokolade proe)  :hello2:

Dalk by nog 'n plasie stop vir ingeval ons dalk dors raak, van daar tot ons weer tuis is.

Nou ja, dis my Saterdag.......... :hello:

 :angel12:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die Naweek
« Reply #1 on: July 12, 2012, 09:24:01 AM »
Oe groot lekkerte. Geniet!! Ekke gaan ook so paar dae weer stil wees maar soos altyd: "I'll be back"  :notworthy: :hello2:
« Last Edit: July 12, 2012, 12:48:07 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Naweek
« Reply #2 on: July 13, 2012, 05:29:49 AM »
Maak net seker dat jy 'n plekkie vir my en Hannes maak om saam te gaan.  Dit sal nou nie baie spasie neem en baie gewigtig wees nie, want geeste weeg mos min! 
Praat jy van daai gedroogde varkworsies?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Die Naweek
« Reply #3 on: July 13, 2012, 08:21:20 AM »
Dis regso PM. Julle plekkies is geboek.  :love7:

Jong weet nie so mooi of dit vark is nie. Ek gaan nou maar probeer dit hier plaas dalk kan julle dit uitmaak en die regte spelling gee. Kabernosies of kabenosies  :icon_scratch: So iets  :icon_biggrin:

Ta-meraai, ek het 'n plekkie vir jou ook gemaak. Want ons dink aan jou. Gou weer beter word.

 :angel12:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Die Naweek
« Reply #4 on: July 13, 2012, 01:01:15 PM »
 :hello:

Geniet julle dag. Dit klink asof dit gaan feeste wees.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Die Naweek
« Reply #5 on: July 13, 2012, 01:19:38 PM »
Dankie Fransi, gaan dit een maak.  :icon_biggrin:

 :angel12:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Die Naweek
« Reply #6 on: July 13, 2012, 07:07:12 PM »
die naweek gaan vrek koud wees, net 2 plekke waar dit gaan lekker wees.......in die bed of voor die vuur.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Naweek
« Reply #7 on: July 14, 2012, 04:14:42 PM »
Beslis nie voor 'n nuwe skootbrakkie nie.  Die arme ding het "niks tussen die ore nie". 
Ek hoop julle dag was "viskikkik" lekker. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Die Naweek
« Reply #8 on: July 14, 2012, 05:49:10 PM »
van skootbrakkie gepraat.

gisteraand 'n glas 1965 port op my nuwe laptop omgestamp dat die port by al die gate uitgeloop.

ek dink hy is in sy maai. sal maadag se week uitvind

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Naweek
« Reply #9 on: July 15, 2012, 09:15:24 AM »
Wow!  Jy moenie die brakkie sulke eksotiese wyn voer nie AB.  :icon_biggrin:
Al ons elektroniese goed is besig om op te pak.  Tot die mikrogolf klink asof dit uit die tweede wêreld oorlog uitkom, raas soos 'n trekker.  Dit is vreemd nê?
Dit is nog onder waarborg, eis ek nou 'n nuwe een of laat ek hierdie een herstel?
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Die Naweek
« Reply #10 on: July 15, 2012, 12:33:11 PM »
ek was gister by die een rekenaar winkel en vra die een man daar wat dink hy van my rekenaar. seg hy, al werk hy nou nog en al maak hulle hom hoe mooi skoon dis net 'n kwessie van tyd dan blaas hy. hy beveel aan ek die data van die hardeskyf afhaal en nuwe rekenaar kry en weervoor begin. ai dat so onoplettende daad nou sulke moeilikheid kan bring en ek het my voorgestel om die ding so mooi op te pas juis oorlat hy so vrek duur is.

van jou mikrogolf probeer die waarborg opsie dan is dit minder wat jy eis op jou assuransie maar ek dink die vervaardiger kan dalk seg dis waterskade en nie onder die waarborg gedek nie.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Naweek
« Reply #11 on: July 16, 2012, 12:16:56 AM »
Jy weet seker matertjie, die grootste probleem wat ek het is hierdie oneindige onsekerheid.  Jy weet nooit wat die versekering voorskryf nie.  Jy is totaal en al afhanklik van die assessor, en ek gaan nou nie hier sê wat ek van hom dink nie, want dit hoort in die bo 18 afdeling!
Ek persoonlik dink dat ons, ons te maklik laat voorskryf.  As dit by premie-betaal-tyd kom, dan betaal ons soos sombies.  As dit by die eis kom, dan moet ons shut-up en aanvaar wat vir ons vertel word.  Dit is snert.  Hoekom het ek versekering?  Hoekom betaal ek dat dit bars!  Hoekom is ek te bang om te eis?
Hulle hou hierdie "premie-verhoging" voor jou neus, maar as dit nie my fout is nie, hoekom moet ek meer betaal? Ek het beslis nie die flippen water bestel of aangevra nie.  Ons hele lewe is in rep en roer, totaal en al om ver gegooi, en wat kry ek?  'n Verdomde assessor wat kyk waar kan hy wat vir sy firma score!
Die ou wat my polis kom skryf het, en die ou wat my eis moet uitbetaal, werk beslis nie vir dieselfde firma nie!
AB, my pa was totaal en al teen versekering, dit net omdat hy alles in sy lewe verloor het as gevolg van 'n brand wat in sy besigheid ontstaan het en hy alles verloor het waarvoor hy jare gewerk het.  Ons was nog kinders toe hy ons gewaarsku het teen versekering. 
Ons is verseker by PSG Consult.  Ek was verbaas toe ek vandag op hulle webtuiste ingaan en sien dat hulle die hele land vol takke het.  Hulle het meer werknemers in Pretoria as wat ek plante in my tuin het (en ek kan jou verseker my tuin lyk soos 'n oerwoud) Vir my beteken dit net een ding!  Jy betaal jou 0 af vir ander se rykdom!
Ongelukkig moet ek hier by sê, dat as jy in Pretoria of Johannesburg bly, het jy net met 'n spul geldgierige japies te doen.  Hulle gee nie 'n flenter om vir hul kliente nie, dit gaan net oor geld en wie die beste kan presteer. 
Dit is drie weke na die ramp ons getref het en ons het nog geen antwoorde nie.  Al die ander huise om ons is al gerestoureer en die mense bly klaar in hul huise, ons sit nog soos bywoners in 'n plek waar ons nie wil wees nie.  Vir my is dit 'n bitter pil om te sluk!
Ons kan nie kos maak nie, ons kan nie wasgoed was nie.  My huis en die inhoud staan op sy kop.  Ons kaste en meubels staan op vrot nat matte, en PSG Consult het nie 'n flippen saak nie!Die vloere, teels en mure bars en die kaste val uit mekaar. Ons duur soliede houtmeubels ... wag, ek moet probeer positief bly, maar dit is nie maklik vir my nie!   
More het ons 'n afspraak met die ombutsman.  Dalk kan hy 'n bietjie lig werp op die duister situasie.  Hou maar net styf duime vas vir ons, voor ons van ons koppe af raak!
Jy weet, dit help net mooi niks om "menslik" teenoor ander te wees nie, hulle voel 'n veer vir jou! 
Dankie dat jy ten minste geluister het.  Ek weet jy sal verstaan. 

« Last Edit: July 16, 2012, 07:13:41 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Die Naweek
« Reply #12 on: July 16, 2012, 09:20:26 AM »
Die naweek was 'n fees. Het dit geniet.

Kan nie glo die naweek is so kort nie.            Nou is ek terug by die plek wat ek dink alles gaan probeer om my uittewerk.                  So nou tel ek die minute af vir volgende naweek.........en hoop nie ek maak te veel foute hier nie, want hulle soek nou net n rede.                  As jy een soek sal jy hom seker kry.  :dontknow:

Hoe was julle naweek?

AB hoe nou  :icon_scratch: dis dan nogsteeds koud.  :icon_biggrin:

 :angel12: