Voorstelle en klagtes > Voorstelle

Hoe maak jy so 'n lys

<< < (2/4) > >>

AB:
PM
Ja ek dink dis elke versekeraar se eie beleid waneer iets te vervang of herstel.

Santam waarby ons verseker is, was nogal meer geneë om te vervang as herstel. so byvoorbeeld het hulle 'n emboia(?) slaapkamer stel wat brand merke het wou afskryf, toe seg ek nee ek gaan eers uitvind van regmaak, dis goed wat ek by my ouers gekry het en al gee hulle net so iets terug, dis nie dieslefde nie. toe kry ek mense wta meubels herstel en hulle sien kans daarvoor. ook so was daar 'n tambotie riempies sitpek dingetjie, wat die poot so skrams gebrnad het wat hulle wou afskryf, toe seg ek nee kyk of julle idt kan regmaak en dit het baie goed regemaak. ander goed weer was ek bly dat hulle dit afgeskryf het. dit hang seker af hoe jy sentimenteel daaroor voel.

ek het maar sentiment aan solide hout meubels veral as dit so effens familie geskiedenis het.

jy moet jou makelaar ook vra om by te wees waneer die assesor kom, dis sy werk en makelaar moet aan jou kant wees en nei teen jou nie en hy is veronderstel om jou raad te gee en by te staan van hoe om die eis te hanteer. gelukkig het ek assesor gekry wat ook aan my kant is, nie in die sin om die versker maatskappey te bedonner nie maar om seker te maak hulle bedonner my nie en ook dat ek hulle nie vir 'n ride vat nie.

ek glo as jy voel hulle wil jou in 'n blik druk het jy die reg om te seg gee my kans, ek is in 'n moerse toestand van skok en gee kans dat ek my gedagtes agtermekaar kry.

wat jy solank moet of kan doen, hou 'n pen en skryfblok en "clipboard" byderhand. gaan na elke vertrek en skryf neer soos jy nou onthou waar het wat gestaan, skryf als neer. en as jy weer aan iets dink skryf dit neer. elke vertrek op aparte bladsye.

as ek nou na 5 maande die lys kyk wat ek geskryf het het ek baie goed geskryf wat ek nie nou aan kan dink of onthou nie. dan seg jy hulle ook hulle mag nie die eis sluit nie, ten minste 6 maande wil jy nog goed opsit want dis nou winter en jy gaan sommige goed eers in die somer gebruik en weer daarvan onthou.
as hulle baie opdrukkerig en leik is met jou seg dan regiut sonder om onbeskof te wees, jy dink hulle wil nou misbruik maak van jou skok toestand en hulle weet dit want hulle kry baie sulke eise van modder en brand en totale diefstal ens waar die mense dan in skok is en hulle is geneig om jou te boelie. ja ek weet hulle gaan seg hulle wil wys hoe gou kan hulle 'n eis afhandel, hoe goed hulle diens is maar seg sommer reguit ja ek weet maar gee my ten minste 6 maande voor die eis sluit want ek kan nie nou nugter dink nie. dit vat so 2 na 3 maande voor jy werlik 100% weer nugter kan dink. dis maar 'n verdedigings meganisme wat ingebou is glo ek, anders sal jy mal raak. Dis die Here se manier om mens te beskerm want sommige mense kan dlak skielik dink aan om iets onverantwoordelik aan te vang.


ons gaan netnou kerk toe maar so om en by 11 uur behoort ons terug te wees. dan kan ons op die foon praat van die lys.

Meraai vannie Baai:
Sjie daardie lysmaak was net so nagmerrie toe Meisiekind hulle se plaashuis afgebrand het. Ek onthou, maande na die lys ingestuur is het hulle nog onthou van familie erfstukke wat houtskool verbrand het  :crybaby2: Babafotos, afskeid, troues ...sniksniksnik en so hou die lysie aan met langer word. Simpatie liefste PM!!!

PM:
Dankie Raaitjie, ons sal dit maar van dag tot dag vat.

Dankie AB, ek het die lys ontvang en dit is uitstekend uiteengesit.  Dit sal my mooi op die spoor bring. 
Ons asessor het ook gesê ons moet nie haastig wees nie.  Die kêrel klink nie te onaangenaam nie, maar hier in my agterkop is die vrees dat dit nog baie onaangenaam kan raak. 
Ons wil ook nie nou skade herstel en na drie maande ontdek dat iets nog verkeerd is en weer voor begin nie.  Waar daar net 'n kans is op hout wat kan skeef trek, moet hulle dit vervang.  Soos ek sê, dat gaan nog 'n opdraende stryd wees. 

AB:
O ja PM, maak aan die begin seker of hulle geskrewe kwotasies by die lys wil hê. aan die begin het ek verstaan 'n lys is genoeg maar toe ek dit wil ingee seg die asessor nee dit moet geskrewe kwotasies wees. Ek en hy het mekaar verkeerd verstaan, seker oorlat hy engels is. in elk geval baie van die goed soos jy op die lys kan sien is kwotasies wat ons op die internet gekry het, want ons het net nei kans gesien vir agter winkels aanry en papiere soek nie. ja ons hou ook nie van iinkopies nie en mens raak rerig gatvol van inkopies doen.

PM:
Dit kan mos uitstekend werk!  Nou moet julle my net leer hoe kry ek
'n kwotasie op internet!  :icon_scratch:
Ek sal intussen gaan Google. 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version