Voorstelle en klagtes > Voorstelle

Hoe maak jy so 'n lys

(1/4) > >>

PM:
Ek moet 'n lys maak van alles wat vervang moet word wat deur die vloedskade geraak is. 
Hoe op dees aarde gaan ek onthou wat alles in hierdie huis onder in hierdie kaste was.  Die skoonmakers het net alles leeg gemaak en weg gery. 

adele:
klink my dis tyd dat jy daardie maatskappy se kantore moet gaan besoek...

ek sit nou en dink aan die vloed, jare gelede in Virginia toe 'n mynhoop se wal gebreek het en is skielik baie baie dankbaar julle leef nog. wat as dit diep inni nag gebeur het...

PM:
Dit is moeilik.  Die vrot reuk slaan al orals uit die matte wat hulle in die tuin gegooi het.  Kan jy jou indink as alles net so moes bly lê?
Dan is daar nog die emosionelefaktor wat inskop.  As 'n mens voel soos wat ek nou voel is dit beter om stil te bly.  My kop spin en normaalweg weet ek mos nie hoe om stil te bly nie.  :icon_biggrin: Wat praat nog van "dink voor jy praat!" Ek is sommer net lus en hol weg!

AB:
PM, stuur my 'n e pos na my adres en vra my vir 'n voorbeeld lys, dan sal jy effens onthou.

weet jy waarvoor is julle inhoud verseker en wat reken die assur hoeveel waarde het oorgebly?

By watter assuransie is julle? ek kan jou dlak i paar goeie rade gee.

sal jou die lys stuur en dan op die foon verduidleik wat en hoe om te maak waneer jy die lys voor jou het.

PM:
Ek sal dit sommer nou doen AB, baie dankie.
Ons het net gebouversekering en sover lyk dit nie of ons gaan probleme hê nie.  Die asessor kom weer Dinsdag half vyf.  Dan sal alles droog wees en dan sal ons sien of die hare gaan waai al dan nie. 
Die kontrakteurs wat aan die opgaartenk werk se versekering moet ons inhoud uitbetaal.  Ek is oortuig daarvan dat my versekeraar PG Konsult, die hele eis moet hanteer en die uitgawes van daardie versekeraar eis.  Ons asessor sê nie so nie, maar ek dink dit is hoe dit moet werk. 
Dit is ook "rampskade".  Ek het opgelees dat jy geregtig is om alles te laat vervang en nie net te laat herstel nie.  Hoe waar dit is weet ek nie, want elke versekeringsfirma maak mos hul eie reëls.
Ons sal Dinsdag 'n volledige kontrak ontvang. 
Baie dankie, ons sal jou skakel sodra ons die lys ontvang.  Ek is verlore.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version