Ek gesels met die dame wat in die Durban kantoor gewerk het, (sy het ook haar werk verloor)...
Ek kon nog nie met haar praat nie. Sy het ook haar Ma aan die dood afgestaan drie dae voor ons kantore op die 24e Mei sluit. Ek was in my eie aaklige wereld en het nie geweet hoe om met haar te simpatiseer met die dood van haar Ma en ook met die aflegging.
En ek hoor stukkies nuus wat niemand my vertel het. Die persoon vir wie ek gevra het of sy 'n aandeel in die afleggings het en 'n negatiewe antwoord van haar gekry het, is die persoon wat die voorstel aan die CEO gemaak het sodat kostes bespaar kan word. Dieselfde persoon wat my vasgehou het en my laat verstaan het sy is lief vir my en ek moet dit nooit vergeet.
Ook dat niemand nog aangestel is in H/O en dat die twee dames daar, nie die mas opkom met die hele land se admin. Dit is chaos in die kantoor. Hulle verloor kliente en geen hospitaal-groep wil tenders bemaak of nuwe kontrakte sluit.
Die hele Divisie is besig om te vou deur een, EEN, vrou wat gedink het sy kan 'n plekkie in die groot base se alies vir haarself inwurm met 'n kostebesparingsvoorstel wat so sorgvuldig ge-analiseer is maande voor ons daarvan hoor.
En die mense wat moes boet, die ses van ons wat ons werke verloor het, mag nie vir haar kwaad wees nie? Vir maande het hulle geweet waarop ons afstuur, maar nooit 'n enkele woord daaroor laat val nie. Mense wat jy weekliks mee gesprekke gevoer het dmv e-mails, telefoon... Geen woord nou van enigeen. Niemand wat jou skakel om te vra hoe dit gaan...
Ek bly nog kwaad, teleurgesteld in my (toe) seniors.