Author Topic: Gedagtes dwaal oor die see..  (Read 1012 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Joan Lotz

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 3
Gedagtes dwaal oor die see..
« on: June 21, 2012, 11:40:51 AM »
Son glim oranjegoud op druisende see
gedagte voer in beweging rustig mee
branders spoel stil om my voete heen
dink aan ons tyd saam, dae net geleen

tel  skulpies op van gister se onthou
al het jou beeld in geestesoog verflou
maal jou herinnering sterk in my wese
dink ek terug aan my alleenwees vrese

stap ek oor duine teen stille seebries
momenteel wil drome my gang bevries
maar daar is vrede, my lewe gaan aan
weer keuses maak  ander weĆ« baan

dwaal tussen rotse , skerp onder voete
op eie trant beurend nuwe geluksroete
vooruit  op ebvloed sonder wankeltree
gister se spore  deur branders weggevee.
2012/02/24 Joan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10723
  • Gender: Female
Re: Gedagtes dwaal oor die see..
« Reply #1 on: June 21, 2012, 12:07:20 PM »
Ek hou hiervan Joan, dit is goed geskryf. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Gedagtes dwaal oor die see..
« Reply #2 on: June 21, 2012, 12:19:57 PM »
my siel wieg heen en weer met die gety van die mooi gedig - pragtig!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w