Author Topic: Ek is 'n saam mens  (Read 4195 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Ek is 'n saam mens
« on: June 12, 2012, 09:55:57 PM »
Ja, ek is nie 'n eenkant mens nie, ek wil saam. 
Die ergste wat jy aan my kan doen is om my uit te sluit. 
Hierdie laaste paar maande was ek uitgesluit. 
Nee, julle het my nie uitgesluit nie, omstandighede het my verhoed om deel te wees. 
Ek het so ten velde getrek teen Naas se Bosswanna! Toe kom ek hier, terug in die "beskawing" toe sien ek dat dit nie effens beter gaan nie.  Wat is dit met brande en onheil wat my volg?
In Amanzimtoti slaan die weerlig die transformator wat krag voorsien uit! Twee dae sonder krag!
Vandag brand 'n huis af, net hier om die hoek en twee kindertjies verbrand dood!  Hulle vra ek moet kom berading doen!  Ek kan myself nie eers beraad nie! Huil snot en trane! Spoke van gister oorval my!  Sê hulle moet maar iemand anders vra!  Here help! Hoe nou?
Ek besef net weereens, ons het soveel om voor dankbaar te wees.  Skuus, koppie bietjie (of baie) deurmekaar. 
Weet net, ek is nie 'n alleen mens nie, ek wil saam!

Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Ek is 'n saam mens
« Reply #1 on: June 13, 2012, 12:31:47 PM »
Ek is nou weer die alleen mens - maar op hierdie oomblik voel dit vir my ek wil by jou wees en jou 'n stywe drukkie gee ...
dis vreeslik van die kindertjies .. ek het yskoud geword en hartslae gemis - want ek dog dis my nig se kids .. toe onthou ek haar van is nie meer du Toit nie - sy is mos nou getroud ... en toe dink ek hoe kon die ouers die kinders alleen los en toe neem vrees my oor van wat as so iets gebeur en ek is by en ek kan niks doen nie ...


dis erg ...

maar dan besef mens ... dis genade alleen dat ons leef en voluit mag leef ten spyte van die aardse gemors om ons.

En daai spoke van gister moet terug gaan grafte toe ... hulle ken duidelik nie vir rooikop Willa nie - ek sal hulle opdons en spoke sterf 'n erge dood - hulle wil he ek moet oorkom nie ...

lief jou!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Ek is 'n saam mens
« Reply #2 on: June 20, 2012, 03:53:50 PM »
PM ((((((((((HUG)))))))))

Ek is ook 'n alleenmens. Ek moet dinge self verwerk voor ek dit voor ander kan plaas, met my "smile" en "all is fine" gesiggie.

So jammer PM'pie ek jou nie regte drukkie kan gee nie, maar hoop dit help. Dis iets vreeslik. Om dood te brand.

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is 'n saam mens
« Reply #3 on: June 20, 2012, 04:23:04 PM »
Dankie my matertjie.  Dit was iets verskrikliks.  Twee pragtige dogtertjies, die een 2 jaar, die ander een 4 jaar.  Ons wag nog vir forensies se verslae om vas te stel wat presies gebeur het.
Daar was 'n ontploffing en ons dink dit was 'n gasverwarmer in die dogtertjies se kamer.
Sal een swaap nie sê, hulle gaan die ma aankla vir nalatigheid nie.  Ek was buite myself van woede en sê toe,  aaag sooo?  En wie gaan wat daarmee bereik?  Het sy nie meer straf gekry as wat enige mens kan dra nie?  Ai, die mensdom. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Ek is 'n saam mens
« Reply #4 on: June 20, 2012, 04:36:43 PM »
Hoekom net die ma aankla - wat van die pa .. is hulle nie saam ouers nie ...  stupid mense

ek stem saam met jou die mensdom is simple - hierdie arme ouers gaan deur hel .. hulle staf hulle-self erger .. hoekom moet ons nog bydra ...

ek wonder net hoekom die kindertjies alleen by die huis was - waar was die ouers op daai tydstip - hoekom kon die kinders nie saam of iemand nie by hulle wees nie ... nie 'n oordeel nie - net 'n wonder oor wat gebeur het ...

ons was nog altyd in die gelukkige posisie dat of Andre of ek by Theo kan wees ... en sy ouers is darem net so 20 min van ons af as dit moet ... ai mens ...

So hele ruk terug was daar 'n ma wat haar seuntjie in die kar gelos het om gou die inkopies in te dra ... kan nie onthou presies wat gebeur het nie , maar as ek reg onthou is hy van hitte uitpitting oorlede ... sy was 'n enkel moeder ... geen ekstra hande nie ... die mense het haar net so uitmekaar getrek ... dan dink ek hoe Andre en ek met 4 hande en soms  'n extra paar hande van ons Huisdame, sukkel om alles in en rondom Theo in te pas en gedoen te kry ... en sy ... net een mens, twee hande en geen ondersteuning ... sy het haar bes gegee ... maar toe straf die wat haar moes ondersteun haar oor hulle eie skuld gevoelens

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is 'n saam mens
« Reply #5 on: June 20, 2012, 05:06:45 PM »
Die stories het die rondte gedoen dat die ma winkels toe was.  Die koerant seg dat ma in die kombuis besig was.  As sy winkels toe was, moes sy vlerke gehad het, want ons was net 2 minute na die radioroep daar, en sy was daar, histeries. 
Die pa is later die middag by die lughawe opgelaai, hy het in Durban gewerk. 
Mense, julle wil nie so iets beleef nie, dit gee 'n mens nagmerries!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Ek is 'n saam mens
« Reply #6 on: June 20, 2012, 05:26:24 PM »
Nee ek wil dit nei beleef nie - wat die groendakies sal my dan beleef!!

Die arme ma!!!  En hoe erg moes die tog nie van die lughawe gewees het vir die pa nie ... en waar is die gesin nou .. of net die ouers wat oorgebly het?? was daar nog ander kinders?

Beraad jy hulle nogsteeds PM??  En wie beraad jou?
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is 'n saam mens
« Reply #7 on: June 21, 2012, 08:14:18 AM »
Nee, ek doen nie meer berading nie.  Ek raak so emosioneel betrokke dat ek niks werd is vir niemand nie.  Dit mergel my uit en vir dae loop ek met 'n kop wat nie myne is nie.  Ek lees maar neem niks in nie, sien maar is blind, hoor maar bly doof.  Nee, dit is nie vir my nie.  Dit is ook die groot probleem, niemand beraad my nie.   :crybaby2:

Hulle het net die twee dogtertjies gehad.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Ek is 'n saam mens
« Reply #8 on: June 21, 2012, 08:41:01 AM »
Dis hoekom ek uit verpleeging weg gestap het ... ek kan nie met mense se fisiese pyn deal nie, want ek voel dit self ... maar vir een of ander rede deal ek met hulle emotionele pyn ... maar nie iets soos die nie .. ek sal ook nie weet hoe om te troos nie ...

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline bloubefoeterd

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 94
  • My bloed is blou. Ligblou
Re: Ek is 'n saam mens
« Reply #9 on: June 22, 2012, 02:33:54 PM »
My hart huil saam met jou PMpie