Bak en brou > Braaivleisgeregte

Ingelegte perkes as extra happies

(1/1)

Ah Willa:
Ek het altyd ingelegte perskes bedien met opgeklopte room (met 'n tiksel vanilje en versiersuiker) - dit maak 'n heerlike extra happie tussen die sout van die braai kosse - wors/vleis gewoontlik besout en bespice  :toothy4:

Sondag het ons Vadersdag gaan hou by Andre se pa ... Andre en sy boet het gebraai - skaap vleisie en worsie


toe kry ek weer 'n Hilda-moment (die vroutjie van 7de laan ... ek maak soos sy ... ek probeer dit en dat sonder 'n resep - dis hoe hierdie perske happies begin het)

blik perskes en vars room ... maar die keer klop ek toe die room op met 'n telepel kerrie (mild) en 'n lepel suiker .... wat 'n heerlike variasie ... probeer gerus ...

PM:
Wie sou nou kon glo dat kerrie en room en ingelegde perskes by mekaar pas? 

Ah Willa:
Die wenkbroue het vir my gelig ... maar na die eerste hap en almal gesmile en almal het tweede en derde helping geneem  :notworthy:

PM:
Ek glo jou nou.   :icon_biggrin:  Jou slim kjênd.   :icon_salut:

Ah Willa:
het so groente gereg wat ook nou baie gewild word ... en eers het die wenkbroue vir my gelig ha ha .. ek sal dit daar by die eenpot disse gaan deel  - alhoewel jy verskeie potte gebruik maar op die ou ende need een bak :-)

Navigation

[0] Message Index

Go to full version