• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

blou gesig aap

Started by werelde weg, June 07, 2012, 12:24:54 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

werelde weg

ek het gedink vandag dalk moet ek n klein opvoering tipe van ding skryf rondom die soos n verhoog stuk...

weet een van julle dalk hoe? jinks kan mos nie waar nie?

Meraai vannie Baai

O ja o ja o ja!! Ek boek hele voorste ry sitplekke  :hello2:

werelde weg

-WHA ja die beskrywing rondom :

deur jou oe sien ek die stomme praat.-  soos ons weet kan stom mense nie praat nie maar kominukeer deur hulle oe , n mens kan baie lees uit iemand se oe


oopgele vir diesulkes wat belangstel om te lees... die legkaart is daar om te lees as jy die regte stukke in hulle plekke sit... die nuwe gedig verduidelik daai een beter dalk...


praat sal jy altyd sonder stilte wat vir jou le en wag-   die groooot stilte(depressie???) le mos maar altyd vir ons en wag om die draai soos n hond wat jou inle en wag om te byt...so deur te praat verlig ons en hou ons soms daai hond in die verte


jou tyd is naby ,soos jou stomp vingers praat--- mmmm hier wou ek weer die stom gedagte aanpas soos stom mense hande gebruik om te praat maar niemand hoor /verstaan hulle handetaal nie so dit maak die vingers stomp gepraat -weer die blougesig man word nie aan aandag gegee nie so sy tyd van weggaan is naby


hoop dit maak meer sin .... ek gaan nou n nuwer weergawe hier neerle...

werelde weg

#18
Blou gesig aap se maat ,
jy kind van alleen loop sonder naat.
Kaalgeskeer van die riem-hok vashou
deur jou oe sien ek die stomme praat.

Deur jou gesig kan diesulkes
Jou lees soos n legkaart,
Blokkie vir blokkie    vat     ingedruk   uithaal …

Gryn-groef gekrap deur die jare heen
spore wat agter gelos is
weg gewaai in die stof,
stik dit droog in jou hoes grof ,
soos daai klip waarop jy sit
blaf jy jou woede uit ….. ‘hond se kind’

praat sal jy altyd
sonder die stilte wat vir jou gedwee le en wag
jou tyd is naby ,soos jou stomp vingers praat
en ek luister , want jy,

blou gesig aap se maat
kind van alleen loop sonder naat
ken my beter as myself…

Gve ©

Ah Willa

Tot stitles is my mond gedwing ... my verstand klap hande en my hart bons op en af ... ek moet weer kom lees

PM en Raaitjie - hier hou ek van die "Daaigrootword-witspasies"

waarvoor staan WHA? 

ek verstaan die woorde van die sinne .. maar die sinne boei my nie ... :-) die wat ek hier onder na verwys het ...

maar soos jy Blou gesig aap nou kom aanbied het .. WOW  ... oor elke letter in elke woord met elke sin het my wese gedans .. en nou gaan ek weer lees en weer geniet ... ek merk die een vir 'n weer kom lees as daar niks anders is om te lees nie
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

#20
WW, ek sal graag ook wil hoor wat sê die ander, maar ek dink blougesigaap is 'n benaming, een begrip, dus een woord. 
Jy praat van die kind van... dus sou dit ook 'n naam wees, dus ook een woord. 
Daar waar ek in rooi geskryf het, dink ek dat
-soos daai klip waarop jy sit-    dalk die probleem kan oplos.  Sê maar as jy dink ek val uit die bus uit.  :icon_biggrin:
Ek dink dit is 'n pragtige diep gedig en sou dit graag in die boek wou sien.


Blougesigaap se maat,
jy    kind van Alleenloop sonder naat.
Kaal geskeer van die riem-hok vashou;
deur jou oë sien ek die stomme praat.

Deur jou gesig kan diesulkes
jou lees soos 'n legkaart,
blokkie vir blokkie    vat     ingedruk   uitgehaal …

Gryn-groef-gekrap deur die jare heen
spore wat agter gelos is
weg gewaai in die stof,
stik dit droog in jou hoes grof,
soos daai klip waarop jy sit  (hier sukkel ek, is die klip grof soos die stem, of blaf dit ook woede uit?
blaf jy jou woede uit ... ‘hond se kind’

praat sal jy altyd
sonder die stilte wat vir jou gedweë lê en wag
jou tyd is naby,
jou stomp vingers praat
en ek luister     want jy,

blougesigaap se maat
kind van Alleenloop sonder naat
ken my beter as myself… Gve ©
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Quote from: PM on June 08, 2012, 03:51:53 PM

soos daai klip waarop jy sit  (hier sukkel ek, is die klip grof soos die stem, of blaf dit ook woede uit?
blaf jy jou woede uit ... 'hond se kind'


ek het verstaan dat die woede woordloos uitgeblaf word - net in die uitdrukking van die gesig of oog


wat Blou gesig aap of Blougesigaap aanbetref - hier is ek om te leer - want ek is effe blond by los en vas skryf van woorde/gedagtes - maar ek moet se - as een woord voel dit vir my beter  :icon_biggrin:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

werelde weg

die gedig spook nou al lank by my... ek wil n opvoering met hom skryf?
verhoogstuk?

hoe en waar begin mens?

PM

Jy "sien" die verhoog met jou dekor en karakters daarop, dan moet dit van daar af ontplooi.
Kom ons kyk wat seg die kenners.   
Om te weet is om te verstaan.

werelde weg

 :triplets: ek sien ... 1 persoon ( n man ) wat met homself praat in n spieel

dan verskyn die blougesig aap op sy klip aan die ander kant van die spieel

waar dan n 2 gesprek met homself/as die blougesigaap dan n weerspel van woorde en gedagtes het/is 

PM

Ja, dit klink uitstekend en ek dink 'n mens noem dit dan 'n monoloog. 
Om te weet is om te verstaan.

werelde weg

my maneeloog se vir my ek wil die ding op die planke bring... hoe nou gemaak...
iets prettig met n boodskap?

PM

Dit sal werk ja, jou "manneloog" met 'n prettige boodskap.  Skryf jou draaiboek en kom lê dit voor. 
Om te weet is om te verstaan.