Author Topic: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde  (Read 71526 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #30 on: May 25, 2012, 09:48:17 AM »
Cowboys = Galopjongens;  Koeiseuntjies

Cowgirls = Koeimêrries  :toothy4: of liewerste Galopmeisies; Koeidogters







 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #31 on: May 25, 2012, 12:42:26 PM »
Dankie vir die mooi foto'tjies Raaitjie.  Dit vat my ver terug. 
Die "om die dromme jaag" hier by ons is mos nou die "boeresport".  Daai mal broers van my het bulle gery en wilde perde.  Ook so in die drukgang staangemaak en as daai hek oopgaan dan waai die hare. 

Vir my is 'n Cowboy 'n Cowboy! Basta!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #32 on: May 25, 2012, 04:56:52 PM »
Cowboys = Stoere boere  :-)  Boerseun

Cowgirls = 'n dame met 'n skop :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #33 on: May 27, 2012, 11:42:08 PM »
Sjieeee PM die bulle dinge en wilde perde ken ons goed. Dit was aanstaande skoonseun se 'stokperdjie'. Die jongste dogter (16 jaar oud) breek die wilde perde in. Is dit nou iets om te aanskou! Willa sy sal nou mooi inpas by jou dame met 'n skop  :headbang:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #34 on: May 28, 2012, 12:22:10 AM »
ek's 'n tomboy - wat is die Afrikaans daarvoor ...

my ma het altyd gese ek was pippilangkous (het ek daai naam nou reg) se nig ... my vlegsels wou net nooit boog nie ...

maar toe ek Anne of Greengables gekyk het, kon ek amper lelik wees en sweer sy is myself ... net baie mooier in lyf en gesig ...

en ek dink 'n cowgirl is maar 'n tomboy - so ek weet ons het skop :-)  maar dalk is 'n cowgirl 'n dame, terwyl 'n tomboy sommer net vrou is :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #35 on: May 28, 2012, 03:01:01 AM »
As ek reg onthou is dit 'n rabbedoe Willa  :toothy4:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #36 on: May 28, 2012, 09:11:16 AM »
'n regte rabbedoe met skop :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #37 on: September 15, 2015, 01:41:03 PM »
Ek glo "biltongmaniere" sal mooi hier inpas.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #38 on: September 15, 2015, 10:44:49 PM »
Giggel ek lekker vir my Outop se gedroogde humorsin  :notworthy: Jy is reg PM. Dit pas nogals ne!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #39 on: September 17, 2015, 03:16:54 PM »
Vir 'n oomblik het ek nie aan "gedroogde" gedink nie, maar eg Suid-Afrikaans.   :sign10:
Om te weet is om te verstaan.