Die Klaskamer > Hoe werk die program?

photoscape help asb

(1/2) > >>

AB:
Help asb
ek het netnou photoscape op my nuer rekenaar afgelaai, en ek kry nie die ou goed waarmee ek so lekker gespeel het nie soos refection en daai wat jy die foto kan verwornge maak ens.
weet nie of ek verkeerde weergawe afgelaai het nie, dit is versie 3.6.2 wat ek gekry het.


daar is baie min blokkies waar ek kan kies wat om te doen.

PM:
Dit lyk vir my na die nuutste uitgawe AB.  Ek haat dit as die goed so knaend verander. 

AB:
lyk my dan moet ek die een delete en 'n ou weergawe aflaai, watter weergawes het julle wat ook photoscape gebruik? ek het juis die nuutste een gesoek om af te laai maar hy het baie minder goed wat jy kan doen as die ouer weergawe.

Meraai vannie Baai:
AB ek het nog die ou weergawe (v3.5), elke dag vra die program of ek wil update, dan weier ek. Gelees die nuwe weergawe het paar probleme waaraan hulle glo nog werk.

AB:
ek het die ouer 3.5 probeer aflaai maar hys nie beskikbaar vir aflaai nie. toe krap ek verder in die program wat ek op die rekenaar het en ek sien ek moes net dieper gedelf het en toe kry ek die goed waarna ek gesoek het.

nou is ek weer tevrede en kan verder speel.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version