Bak en brou > Nageregte

Telefoonpudding

(1/5) > >>

PM:
Hierdie nagereg het sy naam verkry in die ou dae toe die tannies vir mekaar die resepte oor die plaastelefoon aangegee het.  Hierdie nagereg het nie ‘n naam gehad nie en so het dit dan die telefoonpudding geword. 

Telefoonpudding

Deeg

1 koppie suiker
4 onse botter
2 eetlepels fyn appelkooskonfyt
1 heel grootste eier
1 teelepel bakpoeier
1 koppie melk
1 en ‘n halwe koppie koekmeel
1 teelepel fyn gemmer
1 teelepel sout

Sous

1 koppie suiker
2 koppies kookwater
1 teelepel vanilla

Metode

1)    Oond op 350 F of 160 C
2)   Room die botter en suiker goed
3)   Voed die geklitste eier en konfyt by die mengsel
4)   Meng die meel, gemmer en sout saam
5)   Meng die bakpoeier in die melk in ‘n groterige kommetjie
6)   Meng die droë bestanddele om die beurt met die natbestanddele om ‘n gladde deeg te verkry.
7)   Hou eenkant terwyl jy die sous maak
8)   Sous: Voeg die suiker en vanilla by die kookwater en roer totdat die suiker opgelos is.
9)   Neem ‘n diep oondskottel, voeg die warm sous daarin en dan die deeg. 
10)   Bak dit totdat dit goudbruin bo-op is en deurgaar. (Tussen 30 en 45 minute)

Ah Willa:
lui lui telfoon lui lui
die telefoonpudding is bedien ...

yum-yum - sal dit bietjie probeer :-)

PM:
Spensiaal vir WW!  WW, waar is jy? 
Willa, ek sal graag wil weet wat dink jy daarvan.  Tans het ek soveel huisskoonmaak en tuin opruim om te doen, ek kom nie by die pudding uit nie!

Ah Willa:
met die rolletjies wat nog moet afrol kom ons ook nie daarby uit nie ... maar ek gaan jou beslis laat weet as die telefoon op my tafel lui :-)

PM:
Skusie Willa, ek wou jou nie blootstel aan die lekker van lekker nie.  Dit is mos WW wat gevra het vir die resep en hy beter kom antwoord anders vlieg ek Kaap toe en skop sy poeding moer toe!  :icon_biggrin:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version