Life and Times
like the seasons
like the tides
come and go
come and go..
Gister vra 'n kollega: Els, wat gaan jy doen? Ek se, as jy 'n gerammel hoor, dis die Universe wat goete rondskuif om plek te maak vir Ella. Ek het nie gesterf nie, ek het nog 'n plekkie erens. Geduld. Wag en sien.
Nou sal sommige vir jou vertel, Ha, nie Ella nie, daai vrou het geen maar geen geduld nie. Ek leer nog daagliks. Nou weer 'n klomp goed geleer. Don't trust them. They feel nothing for you. Mooi woordjies en drukkies is aangeplak. Solank die sakke kan bult met ponde, voel hulle vere. Ons sien en lees mos daagliks.
Maar, my gesig is gedraai na die Son. Warmte spoel onophoudelik oor my. Dit mag dalk die 'warmste winter' nog in my leeftyd word.