Willa, jy deel drukkies en raad en bystand en ondersteuning uit terwyl jy self deur 'n tyd van worries gaan, dit is awesome verby.
En moet nooit verander nie. Ons het jou nodig in die samelewing en gemeenskap. Potty train,

jou klein

en jy skakel 'n groot hap uit die beursie uit. Hemel, potty train is so 'n tydrowende,

ding, dat ek wonder of mens nie net die kind op die potty kan vasmaak sodat hy heeldag met die ding aan sy boude kan loop nie.
My ondersteunings-groep is my vangnet. En ek het gedink ek gaan val tot in 'n diep gat vol modder... toe nie. Julle, tesame met my ander vriende en my fantastiese familie, het hande gevat en ek het sag geland.
Ek het nog nie 'n werk nie, maar ek voel nog nie bedreig deur die wolf by die agterdeur wat my wil verskeur nie.
Ek het nog nooit 'n dik beursie gehad nie, so dit is nou nie asof ek nie gewoond is aan 'n plat beursie of -sak nie.
En ag wat, kry ek nie in die volgend 6maande 'n nuwe outfit of paar skoene nie, so what. Ek sal nog steeds geklee wees.
En rent? Ouma is gelukkig hier en ek maak 'n small loan tot die wolf wyk and it's pay back time.
Die geheim is om positief te bly. In my geval is dit 'n oorwinning. Ek is geneig om depressief te raak, maar hierdie ideale geleentheid daartoe, het sy gat gesien en ek het oorwin. Ek weier om my lewe met 'n swart jas verder in te gaan. Die son skyn en die soos Willa se, die lewe lief lief lief mense wat positief is en gooi jou toe met seeninge.
Julle klomp is awesome. Bly so.