Author Topic: Die Rimpel Effek...  (Read 18672 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die Rimpel Effek...
« Reply #15 on: May 09, 2012, 07:43:15 PM »
Ek vloek nie sommer nie ... eintlik nooit nie ... maar DONNER - genoeg is genoeg ... hoe kan soveel mense so baie seer kry in so kort tyd!! 

En dan sit daar ronde gesigte in stoele en arms vou, met miljoene 'n maand in 'n bank rekening wat hulle nie eintlik toekom nie ... jibsem doen dit net nie nou vir my nie ... ek voel die pluksim in ... en dan kan ek nie eens die vloekwoord spel nie!!

Elsable ... ek is hier vir jou vriendin ... as ons kan help uitkyk vir werkies ... laat weet

stuur jou CV vir my ... ek is redelik in kontak met die mediese en conseration wereld se poste wat oopgaan ... ek sal vir jou poste wat deur kom forward ...

Naas se koffie en suiker gaan baie help, maar hier by ons is tee en melk ook hoor!!  Enige tyd ...

Vriendin jy moet se wat jy nodig het  - as ons elkeen 'n stukkie krummel bydra, is die hongersnood nie so groot nie

LIEF JOU ... skies vir my lelike taal hierbo ... maar dit moes net uit ...  dit moes net!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die Rimpel Effek...
« Reply #16 on: May 09, 2012, 07:44:48 PM »
conceration ha ha conservation en dis nature conservation .. SANBI by Kirstenbosch asook CapeNature en ander ...
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Die Rimpel Effek...
« Reply #17 on: May 10, 2012, 02:44:08 AM »
Life and Times
like the seasons
like the tides
come and go
come and go..

Gister vra 'n kollega: Els, wat gaan jy doen?  Ek se, as jy 'n gerammel hoor, dis die Universe wat goete rondskuif om plek te maak vir Ella.  Ek het nie gesterf nie, ek het nog 'n plekkie erens.  Geduld.  Wag en sien.
Nou sal sommige vir jou vertel, Ha, nie Ella nie, daai vrou het geen maar geen geduld nie.  Ek leer nog daagliks.  Nou weer 'n klomp goed geleer. Don't trust them.  They feel nothing for you.  Mooi woordjies en drukkies is aangeplak.  Solank die sakke kan bult met ponde, voel hulle vere.  Ons sien en lees mos daagliks.
Maar, my gesig is gedraai na die Son.  Warmte spoel onophoudelik oor my.  Dit mag dalk die 'warmste winter' nog in my leeftyd word.
elle

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Die Rimpel Effek...
« Reply #18 on: May 10, 2012, 02:53:59 AM »
Naas se dat die werkloosheidsyfer so bietjie gegroei het; dit was ek wat bygekom het.  Niemand kan se ek het nie 'n contribution gemaak nie.  Of hoe?

Willa, dankie girl, jy is 'n  :angel8:
Ek gaan my CV bietjie optert en vir jou stuur.  Sal later jou persoonlike e-pos adres by jou kry en dan gaan ons wag en kyk.
Ek gaan volgende week vir 'n onderhoud vir 'n veel kleiner salaris, maar dit is fine.  Ek kry eerder 'n salaris as wat ek op die bankies gaan skuif vir 'n bietjie UIF.
Daardie plek (ek het al vantevore gaan skuif daar toe ek by die bank bedank het in 1999) is 'n worstelgat.  Ek is nie so goed met heeldag in 'n stuffy plek te sit op taaivuil bankies en elke paar minute op te skuif nie.  Daardie bankies is glad geskuif.  Nie eens te praat van die kleinjies en ekstra familie-lede wat saam wag vir die paar R.  Dink, honderde nuwe species kiemietjies wat rondwaai, goggatjies wat spring en klou en nies en spit n spat...
Maar as ek moet gaan sit, gaan ek sit vir die paar R wat ek kan kry.  Myne.  Self betaal.
elle

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Die Rimpel Effek...
« Reply #19 on: May 10, 2012, 03:02:41 AM »
Ons word elke dag besoek deur Bev van HR.  Sy gaan my ook besoek vandag en ook Dinsdag, albei dae wat in my VERLOF val.  Nee, maar dis ok.  Kom drink koffie en chat. 
Goeie nuus gebring gister:  word heelwat meer uitbetaal wat aanvanklik hulle aanbod was. 
Ek mag 'n kurses uitsoek by Dynamix wat ek wil doen en hulle betaal.  Daaroor sal ek nog besluit in die volgende paar weke. 
Ek het gister begin pak en ook 'n lys gemaak van wat moet gebeur in die paar dae wat ek weg is.  Nee nee, daar gaan nie agteroor gesit word en koffie drink nie, daar sal gepak word.   As ek teruggaan, moet die bokse staan en wag vir die trok.
En ek gaan probeer waardig bly.  Gaan dit alles baie mis.
Maar, soos ek gese het, my gesig is gedraai na die son.
elle

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Die Rimpel Effek...
« Reply #20 on: May 10, 2012, 03:08:00 AM »
Ek gaan heel moontlik vir 'n tydjie nie hier kom loer nie.
Wil vir julle vertel hoe bevoorreg ek is om hier te kan wees. Dankie vir jul besorgdheid.
Willa, as ek tee en melk soek, skakel ek jou.  Hierdie naweek gaan ek wyn. 
Mamma gaan hier kuier by my, sy's 89 en op en wakker, en ons gaan bietjie kuier in mekaar se geselskap.
Wees veilig.
En bly so wonderlik, julle is steunpilare.
Bi
elle

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Die Rimpel Effek...
« Reply #21 on: May 10, 2012, 03:14:30 AM »
Ek gaan nou my slaapmus opsit   :icon_bigsmurf:
Dalk kan ek 'n oog toemaak.

Ciao
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die Rimpel Effek...
« Reply #22 on: May 10, 2012, 03:17:16 AM »
Ek bring nog bietjie sandjies vir die oge sodat jy heeeerlik sal slaap matertjie. Geniet die kuier saam met moederlief!! Gaan jou liggie mis.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: Die Rimpel Effek...
« Reply #23 on: May 10, 2012, 06:47:10 AM »
Ek is bly dat jy so positief is matertjie, nou is ek nie meer so bekommerd nie, ek weet jy sal die pyp rook.  Geniet jou kuiertjie en geniet die troue met 'n passie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Die Rimpel Effek...
« Reply #24 on: May 11, 2012, 03:17:37 PM »
 :hello:

Baie baie sterkte. Dit gooi 'n mens onderstebo en deurmekaar, maar gelukkig is daar ook tye wat jy voel dat jy sal regkom en plan maak, wat help vir die donker tye wat jy net in jou bed wil wegkruip en soos 'n volslae mislukking voel. Dink aan jou en glo dat daar uitkoms sal kom.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die Rimpel Effek...
« Reply #25 on: May 11, 2012, 08:14:41 PM »
Ek wag vir die e-mail - die tee en melk is hier ... en ek is so dankbaar jy is so positief ..  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: Die Rimpel Effek...
« Reply #26 on: May 11, 2012, 10:08:00 PM »
Ai Fransi, ek weet jy is pas deur dieselfde trauma.  Dit maak 'n ou benoud om te dink dat dit so naby aan eie geledere gekom het.
Ek hoop en glo dat dit net vir die beste is.  Mag altwee van julle baie beter daaraan toe wees as voorheen.  Skuus as ek uit my beurt uit praat, maar ek wens opreg net die beste vir julle toe. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die Rimpel Effek...
« Reply #27 on: May 12, 2012, 07:39:04 PM »
Skiesie Franci - nie geweet jy is ook hierdeur nie ... dink ook aan jou ... is jy al geholpe met werkies ... anders kan ek vir jou ook goedjies e-mail

poste is reg oor die land wat ek onvang - dis meestal medies/conservation
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: Die Rimpel Effek...
« Reply #28 on: May 14, 2012, 09:37:32 AM »
Willa, my jongste se matertjie wat saam met hom (in ons huis) groot geword het, het die einde Feb. die trekpas gekry.  As dit reg is met jou, gee ek jou e-posadres vir hom, sy naam is Cronje, dan kan hy sy CV vir jou deurstuur.  Hy het by Nasionale Parke begin werk as 'n wildbewaarder (so 15 jaar gelede) en het baie ervaring van "conservation".  'n Pragtige man met die mooiste persoonlikheid. 
« Last Edit: May 15, 2012, 04:54:09 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die Rimpel Effek...
« Reply #29 on: May 14, 2012, 12:43:51 PM »
Natuurlik is dit reg - ons moet SAAMSTAAN en SAAMWERK dan kan almal STAANDE bly WERK :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w