Bak en brou > Groente

Roompatat

(1/2) > >>

Meraai vannie Baai:
Moeg vir soet patat? Probeer hier die roompatat ene!
 
 Skil en kook patata's tot sag.
 Maak fyn.
 Meng met gebraaide uie, sout en peper na smaak.
 Voeg nou een houer volroom by en meng goed.

PM:
Dit klink baie lekker.  Ek het al patats soos ertappelskyfies gesny en dit in olie gebraai, dit is ook baie lekker. 

Meraai vannie Baai:
Ons kry dit hier te koop soos wat jy warm skyfies (slapchips) sou koop. Heeeerlik. Veral met suurroom en chilli sous. Outop hou niks van dit maar ek en skoondoggie is gek oor dit.

PM:
Gelukkig hou Hannes daarvan, maar ek is weer gek na Pizza en dit is nie sy gunsteling kos nie.
Nou maak ek sy gunsteling dis, kapokaartappels, en plak dit dik oor die rant van die Pizza, dan eet hy saam.   :icon_biggrin:

Meraai vannie Baai:
Sneppie groot sebliefie!!

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version