Author Topic: Ironie  (Read 3557 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Ironie
« on: April 27, 2012, 04:15:34 PM »
Ironie -  i-ro-nie – ʼn Stylfiguur; woordgebruik waardeur ʼn mens die teenoorgestelde sê as wat jy bedoel.
Die beste speler sit natuurlik op die rusbank.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ironie
« Reply #1 on: October 20, 2021, 03:50:14 AM »
En hier kom ek nou eers op hierdie plasing af as die 1709ste besoeker :crybaby2:

Hoe magtig is ironie nie! Dit bring 'n moment van balans, ingebed in ons lewe. In my weergawe, geskoei op Dolly se 'The grass is blue' het ek ure gewoeker met die uitdaging van 'n teenoorgestelde skryfstyl.

Die teenstelling tussen skyn en werklikheid (soos Susanna E Smuts ironie beskryf), het ongenooid ook deel van my lewe geword. En was die navorsing vanoggend oor hierdie skryfstyl, dus 'n oogoopmaker opsigself, dansy die raaklees van jou plasing PM.

Wat is ironie? Is dit net wat gesê word binne die bepaalde konteks, kunstig vermom deur die skrywer en vir ander om weet dat dit nie letterlik opgeneem moet word nie?  Is dit 'n geveinsde onskuld en spotspraak om dit wat jy in werklikheid afkeer, tong in die kies op te hemel? Of is dit net een van die wapens in jou ABC kluis? 

Alhoewel spot nie 'n besliste voorwaardes of kenmerk van ironie is nie, is dit gewis nie al ammunisie wat 'n ironiese skryfstyl bied nie! Daar is soveel meer in die skrywers-arsenaal as net " ... die blinde sien die morele waarheid, terwyl die siende blind is vir sy situasie."

Ek haal die volgende aan:

In  verskeie definisies van ironie word "dubbelsinnig" as beskrywingswoord gebruik, maar die neiging het ook ontstaan om  alles wat dubbelsinnig is, ironie te noem. 

Die volgende definisie van "dubbelsinnig" word in die HAT gegee:
1. Vatbaar vir twee vertolkings; onduidelik ...
2. Nie heeltemal betroubaar nie ... "


In verwysing na die definisie wat in die HAT gegee word, beklemtoon Meyer de Villiers dat die begrip "teenoorgestelde" vir allerlei vertolkings vatbaar is.  Hy wys voorts daarop dat die tradisionele term "aJohiem" wat 'n woordeboekbetekenis van "woorde met teenoorgestelde betekenisse" kan he, die feit  verdoesel dat daar uiteenlopende soorte verskille bestaan.

Tegnieke soos die hiperbool (oordrywing), litotes (versagting/onderbeklemtoning), meiosis en litotes (onderbeklemtoning) paradoks (iets bloot te le wat die denke nie kan bedink nie), mimesis (nabootsing, veral met die doel om iets belaglik te maak) woordspeling en kontras, vorm deel van ironie.

In "Die nagsneeu.." van NP van Wyk Louw dig hy so:

Die nagsneeu by my kamerruit
maak die wynrand wit
waar ek voor die wit wasbak
en in 'n wereld sit.

 "0 liefde, o soet" vertel die wyn
wat weier om in ironie
selfs die sneeu as sneeu te noem -
noem my wees: "soet samesyn"!

Die sneeu maak teen die oorkant-muur
iets so rooi soos vuur en glans;
voor die wynrand: jy en ek -
dans ons tog 'n houtskool-dans.

"Die nagsneeu by my kamerruit maak die wynrand wit waar ek voor die wit wasbak en in 'n wereld sit." Wit, 'n simbool van suiwerheid is ironies ook 'n simboliese voorstelling van die dood (Cirlot - A Dictionary of Symbols).

In van Wyk se gedig is wit die eensame werklikheid wat strak ingekleur word deur die ironie want die wit van 'voor die wasbak sit' dui daarop dat hy ongesteld is. In sy beneweling is die spreker besig om kontak met die realiteit te verloor. Die realiteit en illusie word dus vervleg.

Vir my persoonlik was die gebruik van 'wees' (as selfstandige naamwoord vir iemand wat haar/sy ouers verloor het) wat hy ironies 'soete samesyn' noem in sy eensaamheid, die teenstelling so treffend en tog kon/kan ons dit maklik mis gelees het!

Ek sluit af met: A sense of irony involves not only the ability to see ironic contrasts but also the power to shape them in ones mind. It includes the ability, when confronted with anything at all, to imagine or recall or notice something which would form an ironic contrast.

Bronne:
https://open.uct.ac.za/bitstream/handle/11427/21968/thesis_hum_1984_smuts_susanna_elizabeth.pdf?sequence=1
https://www.litterm.co.za/index.php/m/128-mimesis






« Last Edit: October 20, 2021, 04:15:03 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ironie
« Reply #2 on: October 20, 2021, 04:11:41 AM »
Hier gee ek nou vir jou 100% vir 'n prag werkstuk.   :notworthy:   :read: 
Dit is uitstekend gedoen.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.