Digkuns > Digterminologie

Metafoor

<< < (2/3) > >>

Meraai vannie Baai:
Stem met jou saam PM, as daar 'n titel was sou die gedig slegs 'n beskrywing rondom dit wees. Ek het nie eers 'n gedagte gegee aan enige titel nie aangesien dit metafories geskep was - anders was dit te ooglopend en sou die impak verlore gaan. Ek het skandelik nagelaat om darem net 'n riglyn te gee dat hierdie afsterwe figuurlik beskou moet word en nie letterlik nie. Dan kon daar verseker 'n verskeidenheid van interpretasies wees...
:angel4:

Assie:
Dis pragstekend Ta Raaitjie.

 :mumum:

Naas:
Ta Raatjie los skelm spoortjies in my siel.


 :icon_bigsmurf:

Antjie Patat:
Jinne Raaitjie...
n pluk aan elke snaar van my hart's kamer...
Kan so min woorde so baie vertel...
Jy is n Meesteres!

Meraai vannie Baai:
Jinnetjie julle! Skoon droewig nou. Sulke mooi kommentare. Oi.  :love7:

Net gou vertel. Outop ook eers gou kom stilstaan vir laaaaank hier. Ek staan agter hom en wag... nog droewig oor die mooi reaksie op die gediggie. :icon_bigsmurf: Hy lees die gedig. En hy leeeeees. Vra ek naderhand of hy klaar is want dit vat arig lank lol. Toe skuif ek die pyltjie boontoe vir hom na die verduideliking van PM se uitleg. Getrou aan sy aard hak hy ewe droog af: "en daar dog ek 'n metafoor is iets aan jou oor!"

Agterna loer ek gou oor al die  'oor' wat voorkom in die uiteensetting van 'n metafoor:  Oordragtelik. Ooreenkoms. Voorstelling. Voorwerpe. Woord.
I rest my case djou honor.  Sy humorsin verras my nog steeds.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version