Digkuns > Digterminologie

Metafoor

(1/3) > >>

PM:
 Metafoor – me-ta-foor - Oordragtelike, figuurlike uitdrukking wat op 'n vergelyking of ʼn ooreenkoms berus. Waar ons die beeld in die plek van die eintlike voorstelling plaas, of die ooreenkoms tussen twee vergeleke voorwerpe suggereer; gebruik van 'n woord in 'n ongewone betekenis op grond van 'n vergelyking.
Bv. 'n Hart van klip.
Die oseaan van die lewe.
'n Wil van staal.
Die skip van die woestyn. (kameel)

Meraai vannie Baai:
Jou oë van saffier in die fleur van jou lewe
was die lig op my pad en jou vel, 'n fluweelkaros.
Jou stem, die hemelse musiek en balsem vir my siel
en vlindersag soentjies, die heuning op my lippe; 
jou arms, 'n veilige hawe teen warrelwind van chaos
maar nou's jou stem stil en my hart van ysterklip
klop, klop, klop vrugteloos aan die hemel se deur.

© Meraai vannie baai

PM:
Dit is viskikkik mooi!  Uitmuntend.  :read:

Meraai vannie Baai:
Dankie baie PM. Hierdie gedig geskep is toe ek besig was om die bewusmaking vir Lewy Body Dementia saam te stel. Onwillekeurig het ek begin wonder wat bly oor as 'n mens nie meer kan kommunikeer nie? Die verlies wanneer jou taal onverstaanbaar geraak het en jy binne jouself toegesluit is, woordloos. Kon nie help om te wonder of 'n taal kan 'sterf' nie? Hoe sou dit my raak? My taal is my alles -  geliefd soos 'n beminde en so was die gediggie metafories gebore.
 :book1: :notworthy:

PM:
Wat 'n verskil maak dit nie as 'n mens so 'n mooi uitleg kry.  Nou sien ek die gedig heeltemal in 'n ander lig. 
Ek kyk altyd eerste na die naam van 'n gedig om sodoende 'n beter begrip van die gedig self te kry.  Weereens, met die titel kan 'n mens die gedig op verskeie maniere vertolk.   :notworthy:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version