Die Klaskamer > Hoe werk die program?

PhotoScape (12) Simbole & Skrif

(1/1)

Meraai vannie Baai:
Ek wou vandag die wondergawe van gesinsliefde beskryf, maar woorde het ontbreek ...toe span ek die program in om te help.

So is hierdie eenwoord-simboleboodskap geskep: Eers 'n foto gesoek waar daar 'n redelike gedeelte skoon is bv. lug/wolke/water. Hierdie deel uitgesny (gecrop) en toe vanuit die 'object' skakel die T vir skrif gekies. Een woord herhaaldelik gebruik in 'n hartvorm. Vanuit die simbole (regonder die T van die skrif) het ek die res van simbole gaan spoeg en plak. Toe ek alles op plek het, het ek die sepia skakel by Home gebruik en dit geraam.

*Onthou jy kan die skrif en simbole draai in die rigting wat jy verkies en ook hoe groot jy dit wil gebruik.

PM:
Dit is baie vernuftig gebruik Raaitjie.  Met die meer-as-goud-werd-sakkie in die hart spreek dit boekdele.   :icon_salut:

Meraai vannie Baai:
Bly jy geniet PM. Jy som die simbole in die hartjie pragtig op. Die weelde van liefde, kan geen goud koop nie  :love7:

Navigation

[0] Message Index

Go to full version