Author Topic: Hanswors  (Read 3572 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Hanswors
« on: April 13, 2012, 07:27:35 PM »
Wie het die Hanswors
se lag gesteel…
Wie het die nar verwar?
Waarheen loop die traan
wat witwang afhang?
Hoor jy die snikkel
in die hansworsgiggel?
Saans na die sirkusdag
eensaam voor die nag.
Wie het die hanswors
se lag gesteel?
Alleen…

Alleen…


Alleen…

Wie hoor die snikkel?
Die snikkel …
van die lagloos nar
in sy alleen.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Hanswors
« Reply #1 on: April 14, 2012, 03:34:53 AM »
Ek hou daarvan om goed waarvan ek hou, rondom my te sit, te hang, te plak, naby my te he.
As ek kon, sou ek hierdie gedig van jou op 'n spesiale plek wou he.
Die enigste plek, vir my,  sal wees in Boek2.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hanswors
« Reply #2 on: April 14, 2012, 08:37:02 AM »
Ek sien al die prentjie wat daarby hoort!  Soek solank Naas!  Dit is 'n eensame alleen gedig, pragtig verwoord.  Ek hoor elke snikkeltjie tussen elke lyntjie.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Hanswors
« Reply #3 on: April 15, 2012, 11:54:19 PM »
Ek het vir myself 'n prentjie gemaak - onder in 'n gat het ek Naas se lagdief gesien; hoe hy vreugde en vrede ook in sy sak prop  :crybaby2:
en toe ek vir Naas skryf ek liefff sy snikkel woord het hy verduidelik dat dit die eindproduk van snik en sukkel is. Hoe kosbaar!!  :book1: :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hanswors
« Reply #4 on: April 16, 2012, 08:12:55 AM »
Pragtig Raaitjie.  Lagdief! Dit is 'n mooi prentjie met 'n mooi nuwe woord. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Hanswors
« Reply #5 on: April 17, 2012, 01:56:45 AM »
Sal hom gaan bewaar vir jou mater :book1:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Hanswors
« Reply #6 on: April 19, 2012, 09:41:21 AM »
Ek wil ook weet wie was so naar om die nar te verwaar - prag gedig ..
ek voel nie sommer alleen nie - maar ek kon die ALLEEN WEES in die gedig voel

Naas - jou naam hoort langs mense soos Ingrid Jonker - jy het 'n uitstaan talent!  Jy het die manier om mens in jou werk in te trek - ongelooflik!!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Hanswors
« Reply #7 on: April 19, 2012, 09:43:04 AM »
Willa ek het onse Meester Naas gekroon as die nuwe Langenhoven  :icon_salut:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Hanswors
« Reply #8 on: April 19, 2012, 09:48:29 AM »
Meraai, nou lief ek jou nog meer!!!!  Ek stem met jou - Naas 'n Langenhoven van 2012  :angel8:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hanswors
« Reply #9 on: April 19, 2012, 10:17:41 AM »
Nee man, julle moenie so maak met swartjasmense nie. Nou swemmel my skermpie so voor my dat ek niks kan lees sonder my duikbrille nie...  :crybaby2:



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Hanswors
« Reply #10 on: April 19, 2012, 11:00:14 AM »
Jammer dat jouse skermpie swem, maar dis die reine waarheid - ek glo nie aan liegstories nie en ek voel baie ge-eerd om 2012 se Langhoven te kan ken en raak lees
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hanswors
« Reply #11 on: November 01, 2021, 04:01:21 PM »

Ek wou seg ek onthou iets van toeka se dae. 


Wie het die Hanswors
se lag gesteel…

Wie het die nar verwar?
Waarheen loop die traan wat witwang afhang?
Hoor jy die snikkelin die hansworsgiggel?
Saans na die sirkusdag eensaam voor die nag.
Wie het die hanswors se lag gesteel?

Alleen…

Alleen…

Alleen…

Wie hoor die snikkel?
Die snikkel …
van die lagloos nar
in sy alleen.



Daar het 'n ommeswaai plaas gevind!
Ons eie Langenhoven van 2012 is nou ons eie Langenhoven van 2021.  Nog al die pad! 

« Last Edit: November 01, 2021, 04:07:49 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Hanswors
« Reply #12 on: November 01, 2021, 10:47:54 PM »
Ek geniet dit om te loer na die datums van plasings en jy het 'n skerp oog PM! Ons eie Langenhoven. Hoe geseend is ons nie?!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hanswors
« Reply #13 on: November 02, 2021, 09:03:44 AM »
Daardie gediggie wil my laat huil oor die eensaamheid. 
Ek wonder wat het van Adele geword.  Sy is darem baie stil. 
Langenhoven was gisteraand ook net 'n wyle op toe verdwyn hy weer.  Hoop nie hy het 'n swart jas aan nie.   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Hanswors
« Reply #14 on: November 02, 2021, 10:37:37 AM »
My vingers rus dom op die sleutelbord. Ek soek na die letters wat kan verwoord wat ek voel, maar heelaas kan ek net 'n drukkie los.
(((((((((( :icon_bigsmurf:)))))))))))

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hanswors
« Reply #15 on: November 03, 2021, 02:58:07 AM »
Ag dankie Vader vir drukkies!  Raaitjie, een ding is nie twee nie, as 'n mens 'n bietjie ondersteuning nodig het is jy daar.  Baie dankie lief matertjie.  Ek waardeer jou. 
Om te weet is om te verstaan.