Author Topic: Re: Die swart jas ...  (Read 7288 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die swart jas ...
« on: April 08, 2012, 12:03:45 PM »
Raaitjie sal nou gou moet opdaag, voordat ons haar hele onderwerp skaai!  :icon_biggrin:

Kan ek jou kom help worstel?   :icon_biggrin:
Sterkte my vriend, hoop jy sien gou die lig in die tonnel.   :love7:
« Last Edit: April 09, 2012, 01:11:14 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die swart jas ...
« Reply #1 on: April 08, 2012, 12:17:55 PM »
Naas - ek verstaan die depressie tronk - as ek vir jou hier kan wees, laat weet.  Ek kan deur ry na jou of jy kan hier by ons kom kuier ... moenie alleen suffer nie :love7:

My put met skryfwoorde het in die oorkaan van depressie se oog opgedroog. Ek moet eers wees uitworstel voordat ek daai ambag kan beoefen.



 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: April 09, 2012, 01:12:01 AM by PM »
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die swart jas ...
« Reply #2 on: April 08, 2012, 12:26:23 PM »
Dankie matertjie.  Maak 'n plan om hom oor te nooi.  Wens ek was ook daar naby!  
« Last Edit: April 09, 2012, 01:12:40 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die swart jas ...
« Reply #3 on: April 08, 2012, 01:28:47 PM »
Skuus Ta Raatjie. PM moet maar hierdie onderwerp kom skei.
Aard en oorsaak kan nie gedeel word nie. Moet maar alleen aanvaarding kry want oplossings is daar nie.



 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: April 09, 2012, 01:13:12 AM by PM »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die swart jas ...
« Reply #4 on: April 08, 2012, 05:49:46 PM »
So gesê, so gedaan!
Ek weet ook dat Raaitjie nie sal omgee om haar spasies te deel nie.   :love7:
Ons het gou vir Naas 'n vinnige luitjie gegee, hy sê ons moenie komkommer nie, hy sal oorleef.
Ek dink dit is tyd dat hy 'n bietjie in die Langkloof gaan kuier en met 'n paar stories huistoe kom.
Hoe lyk dit Naas?
« Last Edit: April 09, 2012, 01:13:47 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Die swart jas ...
« Reply #5 on: April 08, 2012, 08:41:26 PM »
Wanneer jy die swart jas dra, het jy nie altyd lus vir geselskap.
Ek weet, ek weet, dit is juis die tyd dat jy omring moet wees van mense wat werklik omgee.  Maar dit werk nie heeltemal so nie.
Tog kan 'n oproep, 'n kuiertjie, 'n woord wondere verrig.
Die energie om jouself tot in die son te sleep, is soms so min, jy bly le in die skadu.
Hou net moed.  Niks hou vir ewig aan nie en die swart jas se punte sleep net vir 'n paar dae, daarna lig hulle geleidelik weer op.  
Wanneer jy terugkom, sal ons almal nog hier wees om jou met ope arms te ontvang.
Jy is nie alleen nie.  Ons dink aan jou.
« Last Edit: April 09, 2012, 01:14:52 AM by PM »
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die swart jas ...
« Reply #6 on: April 09, 2012, 01:28:12 AM »
Daar kry die onderwerp toe sommer 'n gepaste naam ook! 
Lekker ploeg ek met 'n ander se kallers.  :icon_biggrin:

Ons is elkeen so anders, maar tog so eenders.  Ervaar dieselfde emosies, hanteer dit net anders.  Gelukkig gaan dit verby.  Ek hoop net ons omgee laat dit gouer gebeur. 

'n Rukkie gelede, 'n lang rukkie gelede, het ek 'n gedig gelees oor "die swart hond" en het nie mooi verstaan waaroor dit gaan nie.  Nou verstaan ek, dit was 'n wolf met 'n swart jas aan!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die swart jas ...
« Reply #7 on: April 09, 2012, 10:32:30 AM »
Ek is hier, ek is hier!! Wat het ek gemis julle??  :toothy4: :book1: ??

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die swart jas ...
« Reply #8 on: April 09, 2012, 01:10:16 PM »
Naas jy skryf: Aard en oorsaak kan nie gedeel word nie

dit hoef nie gedeel te word om te kan help dra nie ...

Angelica beskryf dit mooi: die energie is net nie daar om mens na die sonskyn toe te sleep nie ...
so as ek jou kan help sleep ... sal ek graag help sleep.

ek weet hoe om koffie in stilte te drink ... ek verstaan van ek wil nie praat nie, ek wil nie wees nie, ek wil nie asem haal nie, ek kan nie voel nie, ek kan nie dink nie, ek kan nie besluit nie ...

ek is jammer dat jy in die donker rondval - dis glad nie lekker nie ... kan ek nie maar my flitslig bring in stilte nie?  Of soek my flitslig  - hier is nie juis veel van veel nie, maar hier is vrede, 5 honde en twee mal mense en 'n prag kind ... en ons kan koffie drink sonder woorde ...  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die swart jas ...
« Reply #9 on: April 09, 2012, 03:35:48 PM »
Hete Raaitjie, ons het jou gemis!  Welkom terug.  Jy sal sommer gou opvang matertjie. 

Wils, ek lief jou!  :love7:
Tog sien ek die prentjie hier in my kop.  Daar stop Naas en jy dink nog daar gaan stilte wees dan lag en gesels julle dat die biesies bewe.  Dit is altyd lekker om saam met die Kapenaars van my hart te kuier.  Hulle is lieflike mense!  MY mense!   :love7:

Niks kry hulle vir lank onder nie.  Die son skyn gou weer agter die donker wolke uit en hulle "hou voet by stuk,"  soos in "val nie uitmekaar nie."  Sterk mensies! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die swart jas ...
« Reply #10 on: April 09, 2012, 04:02:11 PM »
PM ek lief jou stukkend!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die swart jas ...
« Reply #11 on: April 10, 2012, 02:29:47 AM »
Dankie Wils, ek wens ek kon meer doen om dit te verdien!  :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die swart jas ...
« Reply #12 on: April 10, 2012, 12:24:36 PM »
Jy en Hannes het geen idee hoeveel julle vir my en Andre beteken nie, shame - maar weet net julle doen!  En ek is dankbaar dat ek mense om my het by wie ek myself mag wees ... en jy het hulle almal hier in die forum bymekaar gebring .. ons moet ook net meer dig aande reel hier innie Kaap - die 17de is om die draai - opname van Hope Heals Heart .. maar dan sal ek met die mensies hier reel ... of ons wag tot jy hier is ...  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die swart jas ...
« Reply #13 on: April 10, 2012, 02:04:03 PM »
Ek hoop van harte dat, nou na die naweek, dit rustiger sal gaan met julle almal.  Probeer asseblief om 'n bymekaarkom te reël.  Ek weet nie of die Kaapkontrak na ons kant toe kom nie en dit sal in elk geval nog twee maande duur voordat die projek daar begin, as dit nie langer is nie. 
Dit is vir my soooo belangrik dat julle handevat.   :wav: Gooi daai "wave"!  Julle kan mos!
(Hierdie klink nou amper soos 'n apostelbrief aan die gemeente.  :icon_biggrin: )
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die swart jas ...
« Reply #14 on: April 12, 2012, 09:58:18 AM »
 :wav:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Die swart jas ...
« Reply #15 on: April 12, 2012, 07:03:31 PM »
Nou toe, Willa, reel dat ons kan kuier.   :coffee2:  :occasion14: :occasion14:   :occasion5:
VOOR winter, want ek gaan nerens as dit koud is nie. 
Dit is my baie spesiale tyd om niks anders te doen as le en lees en sop drink en ag tog, MOET werk toe. 
elle

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die swart jas ...
« Reply #16 on: April 19, 2012, 10:09:22 AM »
Angelica dan kom ons na jou huis toe - iemand bring die sop die ander die brood en almal 'n dig of twee -
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w