• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Baie geluk aan Ouma Raaitjie en familie ...

Started by Ah Willa, April 07, 2012, 04:47:05 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ah Willa

Die nuwe bulletjie het sy opwagting gemaak - maar ouma Raaitjie kan al die details mooi kom deel .. ek het net op gevreetboek die mooi foto's gesien  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Aag sies! Ek wil dit ook sien.  Plaas asseblief die skakel vir my hier. 
Ek wag nog vir Naas se skakel ook.  Groot asseblief!

Hartlik geluk Ouma en Oupa!  Mag die nuwelingetjie vir julle net vreugde en groot trots wees.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Naas

My put met skryfwoorde het in die oorkaan van depressie se oog opgedroog. Ek moet eers wees uitworstel voordat ek daai ambag kan beoefen.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

#4
Oeee Naas jou woorde ruk krake in my hart matertjie. Wil ook net gou eers BAIE baie dankie kom skryf vir julle wonderlike mensies. Willa matertjie ek volg jou spoortjies opgewonde. Niks mis daardie wakker oge van jou ne!! Groot groot wonderwerk van geboorte weer herleef. :love7: :notworthy:


Ah Willa

Dis die mooiste mooi - ek wonder of ons Vader dink dis goed vir Andre en my om vir Theo 'n sus/boetie te kan kry ... kyk net hoe pragtig is die mamsa met haar bonneltjie liefde!!

Ek voel skoon broeis ... maar die jare se 44 - shame sy wil nie 'n oupa/ouma vir ouers he nie ha ha ha

geniet die wonderwerk en liefde Raaitjie en dankie dat jy deel  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Dankie vir die pragtige foto Raaitjie.  Wat 'n wonder-wonderwerk, nog met gekreukelde oortjies!
Dit laat my so terug verlang na my eie bondeltjies liefde.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#7
Hier is die hele gebeure vasgevang met paar saamgestelde foustertjies  :icon_biggrin:

So het dit begin:


Die pappa troos en hou vas, vryf hande en hare. Dra watertjies aan en stry sy eie stryd.


En toe na laaaaang laaang nag:


Trotse pappa


Ouma was daar van begin tot einde en het die voorreg gehad om sy eerste botteltjie te gee!!


Twee dagies oud en ek gaan huistoe!


Bonding time:


Kleinboet wil vir homself sien en hoor kleinding is lewendig (hy is vreeeeslik stil)

PM

Goeie genade!  Dit is 'n voorreg om so te deel in jou vreugde Raaitjie.  Wat 'n pragtige ou prinsie.  Amper 4 kilogram!  Wow, dit wil gedoen word.  :hello2:
Jy het 'n pragtige meisiekind.  Ek hoop sy sal baie gelukkig wees. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Net die tyd sal leer liefste mater. Ons weet hulle probeer om die familie van joune, myne en nou ook, ons sin te laat werk. Groot respek vir altwee volwassenes in beheer van die situasie en die tieners in die huis, wel ....elke dag word hulle ouer en wyser  :icon_bigsmurf: en ons gryser. Bly jy het die fototjies geniet  :love7:

PM

Verstaan ons dit nie nê!  Ons twee spoke sit net gister en gesels oor hoeveel foute ons as ouers gemaak het.  Hannes het sy sustertjie "ge-erf" toe hy nog net besig was met matriek-eindeksamen. Nog nat agter die ore toe is ons al "ouers".  Eish, dit was nie maklik nie, maar ons is daardeur en is vandag baie trots op die hele spulletjie!
Die tyd vlieg ook so vinnig verby. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi


Meraai vannie Baai

Dankbaar as julle ook geniet Fransi. Kon nie help om te lag toe ek jou 'Eish' weer raaklees PM. Sien net 'n kelner wat verdwyn opsoek na ys  :toothy4:

PM

Ons het gelukkig ook pret so tussen deur. 'n Goeie balans.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Watter vreugde was dit nou nie om weer hier te dwaal nie. Hene tyd vlieg! Nou het die klein cowboy al sy eie perdjie en saal. Dra hooi aan en ry trekker saam ousus soos wafferse boertjie  :love7: