Author Topic: Spookkoets 1  (Read 2043 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Spookkoets 1
« on: May 09, 2011, 11:50:18 AM »
Swart lê die teerpad, reguit soos die Sammajoor se passtok en ek kry die gevoel dat hierdie pad in die ewigheid instrek. Wat sal ek wou gee vir ‘n kinkel in die kabel om die eentonigheid te verlig – ‘n bultjie of twee, ‘n esdraai, kromdraai, enige draai. Bosse langs die pad en die kans om dalkies ‘n wildsbokkie, of twee, te sien is daar geen sprake van nie.

So eksoties my motor se dreuning net so eentonig raak die diep grommel vanuit die dubbel uitlate en 180km per uur voel hoeka soos ‘n slak se pas. Vivaldi se Four Seasons is heeltemal te baroque en rustig, sal my totaal in beswyming laat verval so in harmonie met my V6 sportmotor rammel op die oor.

Verbeel ek my of is die horison nie meer so glad gelyk soos ‘n spieel? Kan dit wees dat dit berge is daar doer op die horison? Waar het die tyd heengesnel? Bly word oor die berge hersinskim kan ek tog ook nie – dis sekerlik nog ‘n dagreis vêr. Genade maar ek is tot die been toe moeg, moes maar oorgeslaap het op daardie verlate een hoender gehuggie. Die “hotel” sou seker darem ‘n kamer beskikbaar had.

Sjoe waar is my maniere dan nou! Hier jaag ek soos ‘n besetene op pad na nêrens en sou ek iets oorkom, wie sal dan ook nou weet wie ek is. My naam is Natalie-Dominique Louw en ek is bietjie besig om die ontvlugtingssindroom toe te pas. Ja, ek is besig om weg te hardloop – weg te hardloop van my emosies, die eina seer hier diep in my ek, die trane van vernedering, woede; ag sommer van alles en almal.

Ek het ammelee mos gedink ek is imuun teen die mooipraatjies en heuningkwas woorde. Dog ek ek het hierdie skans om my wat woorde soos “my vrou verstaan my nie” en “jy is die enigste vrou vir my”en “ek sal haar skei maar die tyd is nog nie heeltemal ryp nie”sal kan afweer. Toe nou nie so eenvoudig nie. En om alles te kroon, die cherry op die koek so to speak – “my skat, my hartedief, ek het nou hierdie ou finansiële probleempie en jy is mos baie lief vir my, sal mos nie toelaat dat daardie nare ou loanshark my leed aandoen nie, sê jy sal dit nie toelaat nie?”. Ai tog ek is blond so ek moes inderdaad ‘n brunet oomblik beleef het en is my vrouehart toe sommer week. Ja, “Liefie” is steeds by sy vrou want die tyd is nog nie ryp nie en het hy strakkies ook al ‘n nuwe sucker, ‘n goedgelowige Thomasina op tou om sy dobbelskuld te betaal. Natalie-Dominique! jy kan nie sit en tjank en 180km per uur jaag nie, jy sal jou dood veroorsaak. En ek wonder sommer ook so hier in die ry oor die pro’s en con’s van die dood – daar was en is tye wat die dood sommer baie aantreklik lyk. Maar ek is ook die ewige optimis en die lewe is lekker ook, weet net nie so mooi van mans nie.

Toe ek die onvlugtingsbesluit neem en weet ek gaan wegjaag, was die besluit om ‘n plek te soek waar ek waarlik alleen kan wees, ‘n plek waar ek diepe selfondersoek kan doen. Want ek is sommer oortuig dat al hierdie dinge wat gebeur het my skuld is. Ek is dan hierdie super legal eagle wat al wat ‘n loophole en slenter ken. Ek kan tog mos nie die slagoffer wees van ‘n swendelaar nie. Waar sal ek ook gaan soek vir ‘n plekkie waar ek soos in alleen kan wees? Na ‘n nie so ‘n lang soektog op die Internet – wat sal ‘n vrou nou ook doen sonder Internet en die kuber ruimte, vind ek hierdie afgeleë plekkie so skuins duskant Kaapstad. Die advertensie beloof my dat die plekkie ideaal sal wees. Die atmosfeer daar is klaarblyklik soos in die tye van Simon van der Stel, Lafras Kuyper om nie te praat van struikrowers en so meer nie. Die akkommodasie is blykbaar, as ek die foto op die webwerf kan glo ‘n tipiese herehuis.

Kaapstad 550km sê die inligtingsbord langs die pad, Shell Ultracity 2km sê die advertensie bord – jissie suster jy moet stadiger. Wat gaan jy maak as daardie Skadu Ridders jou klits met hul radargeweer? Jy sal sweerlik in die tjoekie slaap, slap pap en water in die oggend en aand en jou oproep sal oor die plaaslyne wees waar almal gaan hoor Natalie-Dominique is in die sop. Aa hier is die Ultra en ook net betyds – ek wil ook nou nie soos daai girl in die Wimpy advert met ‘n vaart instorm en al wat leef en beef se koffie omhardloop nie. Met ‘n sug sak die Alfa Romeo GTV 3.2l in ‘n parkeer gaatjie in, die stilte na die uitlaatgrommel oorverdowend. Ek is so styf van die lang sit dat ek ampers nie uit my motor kan klim nie tot moeder natuur my ‘n veeg terpentyn smeer. Ag hoe salig is dit nie om nie so te knyp nie. Nou vir koffie sterk en soet en sommer ‘n eetdingetjie ook. Wanneer laas het ‘n allegaartjie so heerlik gesmaak en die koffie is nes ek dit wou hê – sterk, soet en matig ge-tan. Nou nog net die GTV se magie vol loodvry kry dan’s ons weer in die pad na daardie anderjaar se herehuis.

Kom ons luister so ry-ry na Katie Melua se Calling off the Search, dit sal die trane so ietwat in toom hou. Ek kan nie glo ek is so emosioneel nie maar dis ook seker te wagte na als wat gebeur het die afgelope klompie dae. Ek kan nou nog nie glo dat “Liefie” aan sy loanshark my naam en adres verskaf het as die een wat sy skuld sou delg nie. En daardie smerige bullebak wat my in my eie woning met geweld van die aakligste aard gedreig het as sou ek nie betaal nie. Ek sidder nou nog as ek aan daardie aand dink en sy smerige vuil hande op my voel kleef.

Kaapstad 200km – so nog net so 180km voor my. Gelukkig is daardie eentonige reguit stuk pad vervang met bergpasse, kronkels en draaie. Meteens weet ek weereens waarom ek ‘n sportmotor ry – dis darem so plesierig wanneer daardie breë tekkies so klou in die skerp draaie in. Daar is ook nou nie tyd om aan my smarte en verdriete te dink as ek so deur die draaie slingervel met bande wat tjieee. Plotseling lê die Hexrivier vallei ontbloot hier voor my. Sonstrale so deur die wolkbrokkies skitter ‘n miljoen diamante op die waterstroompies wat kronkelend vloei teen steil rotswande. Wingerd priële hang swanger met hul druiwe kroos – donker pers korrels so groot soos pruime, wit hanepoot soos appelkoos – ag ek proe sommer die hanepoot op my tong – koel, tintelend. Interessant is die roosstruike so al om die priële langs – volgens oorlewering is die rose geplant as eerste verdediging teen roes en ander siektes wat die druif sal aanval. Maar dit het nie gewerk nie want die rose het maar saam met die druif die peste en plae opgedoen en nie vroeer nie. De Doorns, Hexrivier, Worchester is pragtige gehuggies knus aan die Swartberghange met die enigste lewe in sig die plaasarbeiders in die vrugteboorde en priële, hul skouers hangend met mandjies vol vrug.

Du Toits kloof pas en wat ‘n heerlike ervaring is dit dan nie met die Alfa en haar 255 galoppende perde teen die pas uit. Die Hugenote tonnel ‘n eentonige formaliteit, in ‘n ommesientjie agtergelaat. Kaapstad 70km se die bord. Ek sal nou moet begin uitkyk vir die uitdraai pad na “Het Heerengracht” waar ek vir die volgende week of wat gaan kop skoonmaak en bagasie weggooi. Aldus die kuber brosjure is Het Heerengracht sowat 25km uit Kaapstad. Ek wonder meteens wat ek kan verwag – die inligting was tog immers duidelik maar met vandag se tegnologie is enigiets ook moontlik. As die plek enigsins na ‘n hool sou lyk, draai ek net daar om en jaag vir ‘n vale. Joee maar ek is behoorlik agterdogtig, sien spoke waar daar nie is nie – vroulike intuisie of bangeit?

Mmmm daar is die bordjie wat sê Het Heerengracht, die ingang lyk behoorlik uit vergange se dae, so reg uit “het Oost Indiesê Kompanjie”. Miskien was ou Jan se argitek verantwoordelik hiervoor. Gelukkig is die pad na Het Heerengracht nie grondpad nie maar in tipies Hollandsê styl uit cobblestone. Maar genade dit lyk vreeslik onheilspellend met die pad wat deur ‘n laning Eike bome loop – dig en donker en bykans geen son wat deurskyn nie. Aan die einde van die laning Eike is daar ‘n baie nou brug wat vir my nogals baie na ‘n drawbridge lyk – dit is en daar is sowaar ‘n grag waaroor die brug gespan is. Onheilspellend word scary maar ek ry versigtig oor die trekbrug en volg die cobblepad wat in ‘n sirkel om ‘n fontein loop. Het Heerengracht – die naam doen gestand aan wat ek hier voor my sien. Die prentjie op die webwerf lyk nie naastenby na wat ek hier sien nie. Die voordeur, as mens dit so kan noem, is massief – staan seker ‘n goeie 5meter hoog en 4meter wyd, van swaar donker hout beslaan met gietyster en brons. Die gable voorfasade troon hoog bo die deur uit met geluikte vensters weerskante van die fasade, twee rye weerskante.