Die Klaskamer > Taalhulp
Die gebruik van leestekens in gedigte
PM:
Eers wil ek vir jou sê hoe ek dit gelees het en dit is dan ook hoe ek dit sou geskryf het, aangesien jy nie van leestekens gebruik gemaak het nie. Dan sou ek ook nie met 'n hoofletter begin het nie.
die maan is amper halfvol vanaand
en loer skalks deur ’n stukkende wolkkombers (ek wil klem lê op "skalks", wil hê jy moet dink oor "skalks" die prentjie sien)
na my halfleë gemoed wat dringend soek (halfleë gemoed)
na ’n omgeekuier om my hart te heel (Waarna soek die skrywer? 'n Omgeekuier.)
Met leestekens:
Die maan is amper halfvol vanaand
en loer skalks, deur 'n stukkende wolkkombers
na my halfleë gemoed, wat dringend soek,
na 'n omgeekuier, om my hart te heel.
As jy nie van die "en" gebruik gemaak het nie, maar van "dit" sou ek dit anders gedoen het, want die goue taalreël sê dat daar nie 'n komma voor en kom nie.
Die maan is amper halfvol vanaand,
dit loer skalks, deur 'n stukkende wolkkombers,
na my halfleë gemoed, wat dringend soek,
na 'n omgeekuier, om my hart te heel.
Nou is dit presies hier waar Susan se raad aan die skrywer inkom. Jy as skrywer moet vir my wys waar jy wil hê ek moet rus.
Soms, deur die leestekens op die verkeerde plek "in te lees" kan dit die bedoeling van wat die skrywer wil sê, of die hele atmosfeer of ritme van die gedig verander.
Hier kon die skrywer ook bedoel het om enjambemente te gebruik met die doel om die gedig vloeiend te maak en ek as leser het dalk die hele pot mis gesit.
Adéle, ek hou van die inset wat jy gelewer het by Ans se gedig. Ek sou dit graag so verander het as sy toestem.
adele:
hier leer ek nou iets waaraan ek nooit gedink het nie:
om 'n skrywe/gedig te skryf, dan die kern uit te haal, en dan weer in te kleur
Die maan is amper halfvol vanaand
en loer skalks deur ’n stukkende wolkkombers
na my halfleë gemoed wat dringend soek
na ’n omgeekuier om my hart te heel
Die maan
loer skalks
na my gemoed wat soek
na ’n omgeekuier om my hart te heel
dit was my gedagte ....
nou wil ek dit voltooi om die oorspronklike idee dieselfde te probeer hou, eishhh, waarin begewe ek my?
die maan is amper halfvol vanaand
en loer skalks deur ’n stukkende wolkkombers,
na my halfleë gemoed wat dringend soek
na ’n omgeekuier om my hart te heel
:grommit:
PM:
Dit is puik gedoen. :hello2: Ek sal 'n plekkie gaan soek waar ons dit kan invoeg op een van jou bladsye in die boek, of jy kan self sê waar jy dit wil hê. :love7: Het jy 'n titel daarvoor?
Skuus, daar druk ek die verkeerde koevertjie. Ek wou kom vra of dit by "Skemerstil" se blaadjie sal inpas.
adele:
jy kan dit daar plaas want daar is mos plek omdat die skrif kleiner gemaak word. moontlike titel ... ??eishhh, weet nie.
hierdie is nou 'n 2'erlei vormgedig... wit spasies tegniek en ook 'n voorbeeld van 'n :icon_scratch:
??paradoks?? :dontknow: waar ek van teenoorgesteldes gebruik wou maak. ek wil leer van oksimorone en paradokse ... het julle dit al hier beskryf?
:grommit:
PM:
Ja ons het al. Laat ek gaan soek vir jou.
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
[*] Previous page
Go to full version