Geloof
Onwillig,
tog;
verstoot
ongeloof
my geloof
wat weier
om 'n mosterdsaad
te wees!
Jou dwaas!
Jy kan
berge versit!
Maar nee;
jy weier
om te glo!
Jou onwillige
dwaas!
Genade
Groot
wag, ek het mos knieë!
Vader
verwyder
my ongeloof -
verruil dit
met U geloof,
sodat ek U
getrou kan volg.
Meer nog;
'n stukkende wêreld KAN weet
U is juis,
U kom gou.
jou woorde gee vir my 'n groot wondergevoel van geloof, van "luister na Hom"
'n pennie in die poel.....
as jy jou eerste woorde in een reel sou plaas, so
Onwillig, tog; verstoot
ongeloof my geloof
wat weier om 'n mosterdsaad.....
dan sal ek die ; na 'tog' weglaat want die spasie gee reeds die idee van "wat nou?"
ek bedoel nie jy moet die woorde nou in een reel plaas nie, dis net om die ; uit te wys. die plasing in meer reels
versterk juis die gedagte wat jou woorde wil gee.
dieselfde by
Meer nog;
die volgende is dan die verduideliking van "Meer nog;" en sou 'n : beter wees maar ek sou dit ook weglaat, die spasie gee reeds die gedagte van "wag bietjie, hier volg mos iets"
[maar onthou, dit is jou gedig en jy wat besluit oor die leestekens]
die hele gevoel wat ek kry is een van ongeloof wat geloof verstoot, is dit reg?
dan klink dit of jou geloof eintlik weier om "te glo", terwyl geloof mos juis moet beteken jy glo.
en dan kom die besef weer dat daardie kleinste mosterdsaadjie se geloof al is wat ek nodig het want Sy genade is vir my genoeg, VAT dit net, Hy hou heeltyd Sy hand daarmee uit na my.
dankie dat jy hierdie wonderlike genade met ons deel