Bak en brou > Resepteboek

Gemmerbier (Op aanvraag van Elsabe)

<< < (2/4) > >>

PM:
Soek ek toe nou 'n gemmerbierresep, want hier raak dit nou geweldig dors,  toe gooi die internet my hierheen.  Wonderlike oudae, toe ons net so 'n jaartjie oud was!
  :love7:

Meraai vannie Baai:
Dinge het erg verkeerd geloop toe ek hierdie brousel van Outop skelm wou proe hoor.  Moes agterna verduidelik hoekom die een bottel so gesak het en ek kon nie vertel hoe dit geproe het nie. Daai tuisgemaakte brousel het soos Vaaldam se wal na geelperske-reen gelyk en klink en pure sjebien geruik!

PM:
 :angel12:   Ek sal myne more aan die gang sit.  Het gister eers boontjies ge-oes en maak nou gou kerriebone. 
Ek sal eers die een resep met suurdeeg begin, en dan my eie plantjie begin maak.  Soos jy beskryf het.


Ek wag vir die maroelas volgende jaar vir 'n lekker likeurtjie.  :angel12:

Meraai vannie Baai:
Deel groot asb jou kerriebone resep lief PM  :book1: :notworthy: :hello2:

PM:
Kerrieboontjies


2 kg groenbone gekerf
1 kg uie gekerf  (ek sny die ui in die helfte deur en kerf dit dan)
Voeg 1 liter wat by en kook tot sag.  O  gaats, ek dink dit moet water wees.  :icon_biggrin: (As daar water oorbly gebruik ek dit vir groenteaftreksel in my ander kos)


Kook saam


750 ml wit asyn
750 ml suiker  (Ek gebruik altyd bruinsuiker, maar moes maar met witsuiker tevrede wees vir nou)
2 eetlepels sout
60 ml kerrie
30 ml borrie
1 teelepel gemmer
2 teelepels swart peper
7 heel naeltjies
Ek plaas so 3 heel gedroogde risies by, want ekke hy hou hom van die sterreke warm kos.
10 ml mosterdpoeier (of een eetlepel aangemaakte mosterd)
As jy "pickling spice" het kan jy so 'n handjievol bygooi. Gooi jou sous deur 'n sif as jy nie van die heel speserye in jou boontjies hou nie.


So maak mens
Voeg die sous by die gaar boontjies en kook so 10 minute op hoog.
Maak pasta aan van plus minus 3 eetlepels mielieblom met 'n bietjie water. (maizena) Voeg by en kook tot dit gaar is.
Bottel warm in gesteriliseerde bottels. Ek sterilseer my bottels in die mikrogolf. 


Ek hoop jy sal dit maak en geniet.   :love7:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version