Bak en brou > Resepteboek

Gemmerbier (Op aanvraag van Elsabe)

<< < (4/4)

PM:
Help Raaitjie.  Die plantjie lyk mooi, dit ruik nie sleg nie, maar dit borrel niks nie.  Ek het weer vanoggend suiker en gemmer bygevoeg en hou maar duime vas. 

Meraai vannie Baai:
Ek het jou waarlik nie 'n idee nie matertjie  :dontknow: wonder of dit nie te koud is dalk nie?

PM:
Hier gebruik ons gewoonlik nie warmwatersakke nie, maar dit is nou baie koud.  Toe sleep ek maar daardie sak nader en pak die plantjie daarin toe.  Voorwaar, vanoggend toe sien ek 'n borreltjie of twee.  Ek voer dit nou al drie dae en sal my oog op hom hou.  (Dalk die natuur se manier om my geduld te leer.)   :icon_biggrin:

Meraai vannie Baai:
 :hello2: :bootyshake: :icon_cheers: Ek borrel van dankbaarheid dat jou plantjie lewe begin toon!!

PM:
Ek gee hom elke dag "kos" en hou hom warm.  Sal sien wat seg hy more vroeg.  Verskoon tog dat ek so skaars is, maar ons internet is so stadig soos tien. 

Navigation

[0] Message Index

[*] Previous page

Go to full version