Author Topic: Kunstenaar in klein dorpie  (Read 6820 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Kunstenaar in klein dorpie
« on: March 22, 2012, 08:36:38 AM »
 :hello:

Dit is nou so. Na more is ek amptelik weereens 'n statistiek. My baas moes ter wille van die besigheid se stabiliteit die meeste van ons laat gaan.

Ek het vir myself gesê dat dit moontlik 'n geleentheid is om te probeer naam maak met my kuns en dat ek kreatief is, so ek kan badsoute, sepe, kerse ens. ens. ook maak.

Nou die dag se kunsuitstalling was egter teleurstellend. Behalwe vir my man en sy ouers wat my kom ondersteun het, het slegs een ander persoon kom kyk. 'n Mens gee soveel uit in hart, tyd en geld (rame is ongelooflik duur) en na so 'n dag voel dit pure verniet.

Die forum het so baie kunstenaars en ek sal graag wil weet hoe bemark julle julle werk? As 'n mens 'n website skep met jou werke, hoe kry jy dit reg dat jy internetvoete kry en nie net mede-kunstenaars wat wil kom kyk nie, maar kopers?

Die kunssmous het nou die dag vir 'n mede Lichtenburg kunstenaar gesê dat die mense wat in Suid-Afrika kuns koop meestal hoë middelklas tot die ryker groep Afrikaanse vrouens is wat kompeteer met die bure. So op die einde van die dag gaan dit nie oor tegniek, simboliek of prys nie? Hy en ander neem glad nie kanse met kunstenaars wat nog nie naam gemaak het nie.

Ek het al plekke soos Redbubble op die internet probeer, plaaslike restaurante, die Raamwerkwinkel en uitstallings. Ek het ook begin om die reëls te volg wat 'n gallery-eienaar genoem het. Soos dat die prys lengte maal breedte, die koste van die raam + 10% heffing by die raamkoste vir al die petrol wat jy uitry is, reekse, eie herkenbare styl, mooi handtekening, die opbou van 'n verhouding met die gallery eienaar, genoeg werke ens.

Ek sal regtig graag asseblief julle insette wil hoor. Dankie.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kunstenaar in klein dorpie
« Reply #1 on: March 22, 2012, 10:48:19 AM »
Ek kan jou ongelukkig nie help nie. Ek het my skroefraad silwerblink gestroop nadat die vyfde gallery (Almal soek kunstenaars vir uitstallings) vir my se hulle stal net sekere kunstenaars se werke uit. My werk is volgens my nie minderwaardig aan dit wat reeds daar hang nie, in teendeel.
Nou, my mens, Skilder ek met liefde en verfkwasse en dan gee ek die goed weg. (As ek dit die slag klaarmaak.) Is juis besig om vir PM iets te maak omdat ek weet sy sal dit waardeer. (Maar moenie vir haar daarvan se nie.)
Ek is nie 'n verkoopsman nie. Selfs my kerse beland in vriende se huise. Hoekom sal ek bekommerd raak. Ek het arm grootgeword maar die waarde van "gee" geleer.
Besef jy moet nou 'n lewe maak uit jou kuns maar, ongelukkig, as kunstenaar gaan jy van water en brood moet leef vir 'n lang tyd. En as jy die emmer skop raak almal mal en skatryk uit jou werke want dan gaan daar nie meer daarvan wees nie.
Ek was gister weer in 'n bekende gallery. Die pryse van die kunswerke in hemelhoog omdat daar "bekende" handtekening onder aan is. En, ja, geen gewone mens kan die goed bekostig nie so dit sal net Mevrou/Dokter Smit wees wat dit koop omdat dit meer kos die een wat in Mevrou/Proffessor Van Der Merwe se huis hang.
Ek is nie jaloers nie maar sommige van daardie werke is prontuit vrek lelik.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kunstenaar in klein dorpie
« Reply #2 on: March 22, 2012, 10:55:27 AM »
Fransi moet my asb nie verkeerd verstaan nie. Ek hoop jy is baie suksesvol met jou kunswerkverkope. Moet asseblief nie ophou nie. Ek verstaan net nie altyd die mensdom se verkeerdom redenasies nie. Ek wil eerder 'n mooi kunswerk besit as om een te koop net omdat dit duur is. (bv.)
Juis daarom kry ek ander kunstenaars wat sukkelbestaan moet maak jammer. Ek is darem gelukkig om nog 'n maandelikse "tip" in die onderwys te kry.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kunstenaar in klein dorpie
« Reply #3 on: March 22, 2012, 11:30:14 AM »
 :hello:

Dankie Naas. Dit wat jy sê is so waar, maar ek sal aanhou probeer en ek dink en hoop dat ek nie wanneer ons my salaris se afwesigheid begin te voel my siel sal verkwansel en "prentjies" begin te maak nie. Dit is seker snobisties, maar ek glo dat werklike kuns ( in watter vorm ookal) ander moet oplig, inspireer, laat voel of laat nadink. Iets soos Freud se id, ego en super-ego model. Ons lewe in die id (basiese natuur, dikwels slegte dinge soos gierigheid) en ego (die middel of balans tussen id en super-ego), maar die strewe is super-ego. Nie net van gewete nie, maar na geestelike groei. Dit is my wens vir my kuns. Dat ander vir 'n oomblik deur daarna te kyk, super-ego sal ervaar.

My id roep egter vir oorlewing.  :icon_biggrin:

Miskien moet ek van my prentjies en goed by die Lichtenburg digklub gaan wys. Die vrouens daar is skatryk. Ek het nou die dag so rooi van verleentheid gevoel. Dit was die eerste keer wat ek een van die byeenkomste bygewoon het. Elke lid kry 'n beurt om dit by hulle huis te hou. In elk geval, toe dit tyd word vir tee en koek, was alles so "grand" en vreemd dat ek per ongeluk die porselein koffiepot se deksel gebreek het. Pure spanning.  :icon_biggrin:


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kunstenaar in klein dorpie
« Reply #4 on: March 23, 2012, 12:52:45 AM »
Oi joi joi Fransi sterkte matertjie, dit is 'n aaklige situasie om die minste te se. My hart gaan uit vir julle. Ek sal met graagte my pandokkie se mure vol wou hang van jou handewerk en sou die fotos onder almal se neuse gaan vryf het  :love7:

« Last Edit: March 23, 2012, 01:18:37 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kunstenaar in klein dorpie
« Reply #5 on: March 23, 2012, 07:21:55 AM »
Dankie Meraai.  :love7:

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Kunstenaar in klein dorpie
« Reply #6 on: March 23, 2012, 10:05:20 AM »
Hallo Fransi

Ek is een van Naas se vriende met sy kerse, pragtig verby... :icon_biggrin:

Dis nou nie 'n ding wat oornag gebeur nie. Jy sal moet baie staan voor mense jou raak sien. Soos dit gewoonlik werk as daar iemand by jou stalletjie staan kom ander nader om te kyk waaroor is daar mense by jou. So maak gebruik van vriende wat dalk elke nu en dan net by jou stalletjie kom staan en kyk wat jy het. Dit werk.

Jy moet ook baie geduldig wees. Ek het twee Anties wat baie mooi skilder, die een het 'n plekkie waar sy haar goed uit stal. Kry baie min verkoop. Die ander een het nie so iets nie. Dis van hoor en sien ens.. Sy verkoop ook nie so baie nie, maar dit gebeur tog. Ek het juis in my sitkamer een van die tweede tante se werk wat ek gekoop het by haar. Sy het dis spesiaal geverf vir my. Dink Naas sal weet watter een ek van praat.

Elkgeval wat ek wou sê is dat jy moet net geduldig wees. Aanhou en gaan waar baie mense is, soos by feeste en veral by die meer be-voor-regte gedeeltes van onse liewe land. Maak jou self bekend. Plaas van jou werk op 'n web en dan adverteer jy op bv..FB ens....Daar is maniere.

Jy kan dalk, as jy baie werk het, dit verhuur aan groot maatskappye, net soos die huur van hul plante. Baie maatskappye huur plante en die mense kom vernang of versorg dit een keer 'n week. Dalk kan jy dit eenkeer 'n maand vervang met ander of so iets... net 'n idee.  :dontknow:

Sterkte, dis een moeilike mark.

 :angel12:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kunstenaar in klein dorpie
« Reply #7 on: March 23, 2012, 11:00:38 AM »
 :hello:

Baie dankie Trappies, ek sal beslis jou raad volg.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kunstenaar in klein dorpie
« Reply #8 on: March 24, 2012, 01:46:12 PM »
Ag tog Fransi.  Ek hoop van harte dat jy gou iets anders sal kry.  Knoop ek my vingers en my tone vir jou.  Om 'n mens se eie produkte te bemark is sekerlik een van die moeilikste take wat daar is.  Hou uit en hou moed sustertjie.  Jou werk is pragtig en dit sal nog 'n deurbraak maak. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kunstenaar in klein dorpie
« Reply #9 on: March 24, 2012, 04:12:36 PM »
 :hello:

Baie dankie PM. Dit is seker naief, maar ek het hierdie keer 'n goeie gevoel. Nie vir onmiddellik nie, maar dat as ek uithou die amper onmoontlike sal gebeur. :-)

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kunstenaar in klein dorpie
« Reply #10 on: March 24, 2012, 09:14:30 PM »
Staan sterk, Fransi, daar is altyd 'n uitweg.
Goeie raad wat Trappies deurgee.

e
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kunstenaar in klein dorpie
« Reply #11 on: March 25, 2012, 06:44:17 AM »
Ek vertrou saam met jou matertjie. 
Toe ons meisiekind en haar man se firma in Dubai van eienaars verwissel het, is hy 'n pos hier in SA aangebied.  Vyf maande later sit hy weer sonder werk en almal vra die vraag!  Hoekom? Nou het hy 'n beter werk met beter salaris.  Dit het broekskeur gegaan, maar so oorkom 'n mens moeilike situasies.
Wanneer jou kunswerk vlam vat, is jou droom bewaarheid! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kunstenaar in klein dorpie
« Reply #12 on: March 25, 2012, 08:44:28 AM »
Niks wat die moeite werd is, kom oornag nie.
Skielike sukses (?) kan net so vinnig verdwyn.
Lesse geleer op 'n klipperige pad, is lesse wat nooit vergeet word.  Dit maak jou sterk.

elle

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kunstenaar in klein dorpie
« Reply #13 on: March 26, 2012, 12:24:16 AM »
 :hello:

Dit is so waar Angelica. Baie dankie vir julle almal se aanmoedigende woorde. Ek waardeer dit opreg.