Ek het hierdie woorde en beeld gebruik vir my en Outoppie se nuwe ekphrasis bundel, en ek dink dit vul jou plasing hier aan as 'n soort 'opsomming'
Alliterasie en assonansie is vir my persoonlik die
rymende klankbeitel waarmee ons woordskatte, ritmies tussen lyne en spasies 'poëties formeer'. Deur die gebruik van herhaalde klanke is ons doel dan ook om daarmee aan die ontwikkeling van die strofes te timmer. Woorde en gedagtes saam te heg/bind, sodat ons as eindproduk - 'n gedig het.
Met die alliterasiebeitel kap ons herhaaldelik dieselfde konsonante uit die abc.
Wanneer ons die assonansiekant van die beitel gebruik, kap ons dieselfde vokale of diftonge op kort afstand van mekaar, in ons skepping uit, om byvoorbeeld emosie oor te dra.
Lang klanke om 'n stadiger ritme aan te dui. 'n Pragtige voorbeeld is die 'ee' en 'aa' assonansie in 'Winter' (NP van Wyk Louw). So gebruik ons dan ook die kort klanke om 'n gevoel oor te dra van opgewondenheid of angs.
Dit is ook ons towermiddel waarmee ons klanknabootsing kan toepas.
********************************************************
Skuinsgestrekte silhoeëtstrepe in monotoon;
só kom versier die somerson, se skaterlag
soggens, guitig deur die kantgordyn
my goudgeel kamermuur.
©Meraai vannie baai