Author Topic: Stort  (Read 2864 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Stort
« on: May 03, 2012, 07:45:52 PM »
Stort

Volgens HAT:
Stort, ww. (gestort).   1.  Plotseling, met geweld, van (uit) ‘n hoogte [laat] val; Rotse het van die kranse gestort.  Die reën stort na onder. Jou in ‘n afgrond stort.  In die gemors beland.   2. Plotseling [laat] uitval; mors; uitgiet:  Die melk sal stort.  Moenie die melk stort nie. Hawer uit ‘n sak stort.  Oor-, uitstort.  3. (In)betaal:  Geld (in’n bank)
stort. Uitdr.: Jou in die gevaar stort, jou blindelings daarin begewe. Iemand in die ongeluk stort, iemand te gronde rig.  Trane, bloed stort, laat vloei. Stortbad. Bad waarby die water deur ‘n gaatjiesdop op iemand neerstort. ‘n Stortbad neem.

Bogenoemde ter inligting vir ons kabinetsministers en ander regeerders.

Wanneer ‘n Taxi sy ryvermoë in milde reënbuie op ons paaie uitstort en in die proses sy insittendes oor die landskap stort, stort ek ‘n traan vir die agtergeblewenes.
Ek het aan my seun die voorstel gemaak dat hy i.p.v. sy motorlisensie ‘n taxi lisensie kry. Ek is in besit van die vrae en antwoorde van die taxileerlingslisensievraelys:-
Vraag 1:   Wat doen jy wanneer jy ‘n toegeeteken nader?
Antwoord:   Ignoreer dit. As iemand vir jou toeter blaas. Lyk dom en wys hom hoe lank jou middelvinger se nael al gegroei het. Ry aan.
Vraag 2:   Wat doen jy by ‘n vierrigting stop?
Antwoord:    Ignoreer dit. Die ander ouens gaan mos stop. As iemand vir jou toeter blaas. Lyk dom en wys hom hoe lank jou middelvinger se nael al gegroei het. Ry aan.
Vraag 3:   Wat doen jy as jy in die nag by ‘n stopteken kom?
Antwoord:   Sit jou ligte af om te sien of daar ander ligte van die kante kom en ry dan oor sonder om te stop. Moenie middelvinger wys nie. Die ander bestuurder kan dit in elk geval nie sien nie.
Vraag 4:   Wat doen u as ‘n passasier aandui dat hy wil saamry en jy is in die linkerbaan?
Antwoord:   Sit jou hazards aan en trap so hard as wat jy kan op die briek terwyl jy na lings uitswaai. (As jou brieke nie werk nie, pluk die handrem op of ry teen die sypaadjie vas.)
Vraag 5:   Wat doen u as ‘n passasier aandui dat hy wil saamry en jy is in die regterbaan?
Antwoord:   Sit jou hazards aan en trap so hard as wat jy kan op die briek terwyl jy na lings uitswaai en jou gaurdtjie sy arm by die linkerkantste venster uitsteek om die ander motors te stop. (As jou brieke nie werk nie, pluk die handrem op of ry teen die sypaadjie vas.)
Vraag 6:   Wat doen u as u van bane wil wissel?
Antwoord:   Draai die stuurwiel in die verlangde rigting. As iemand vir jou toeter blaas, lyk dom en wys hom hoe lank jou middelvinger se nael al gegroei het. Ry aan.
Vraag 7:   Wanneer is jou taxi padwaardig?
Antwoord:   As die hazards,die toeter en die radio werk.

Vir volgehoue gesondheid en voorkoming van vigs: Voor seks:- Stort ‘n pocket aartappels oor beide partye. (Dit behoort hulle twee keer te laat dink voor hulle mekaar vêrder beseer.) Indien seks wel gebeur het:- Stort ‘n pocket beet oor beide partye. (Sodat hulle in skaamte by die huis aankom en in ‘n warm Dettol bad klim. Dan sal hulle ten minste nie van infeksies omkom nie.) 
In die geval van ‘n kragonderbreking:- Stort maar ‘n paar kole in die braaiplek. Pasop om in die donker oor die hond te struikel, jy stort dalk jou drankie. O ja! Neem ‘n stortbad voordat die water koud word.
Ek stort my tuinvullis op die dorp se stortingsterrein terwyl Eskom ons in die donker stort.
Ek wonder waar ons al die kaf gaan stort wat die regering partykeer oor ons stort en in wie se banke word die geld gestort wat ons belastingbetalers so mildelik in die staatskas stort? (Of stortreën dit ook nat.)
Hoe het ons onsself so in die gevaar gestort?
Stort al jou probleme in ‘n ou knapsak en smile, smile, smile.
Wag. Ek moet ook nou eers gaan stort.
O magtag! Wat is die spoed van donkerte?



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Stort
« Reply #1 on: May 03, 2012, 11:26:41 PM »
Hiehiehiehie, hahahahha, gegegegegeg, wou in 'k's' ook lag maar dit sal die spoed van donkerte by verre oortref  :icon_biggrin: