Die kuierstoep > Die Gorrel plek

Ouvroustories

(1/5) > >>

PM:
Ons het gister 'n babatee vir ons tweede babadogtertjie gehou.  Jo het ondermeer hierdie "vasvra" oor ouvroustories uitgedeel en die een wat die meeste antwoorde reg gehad het, het 'n klein geskenkie gewen.  Ons moes raai of dit op 'n seuntjie of 'n dogtertjie van toepassing is, maar ek gee sommer die regte antwoorde.

1)   As jou voete kouer is as normaalweg, voor swangerskap, verwag jy ‘n seuntjie.
2)   Wanneer jy jou baba hoog dra, verwag jy ‘n dogtertjie.
3)   Wanneer jy na lekkergoed smag terwyl jy swanger is, verwag jy ‘n dogtertjie.
4)   Wanneer jou baba se polsslag hoër as 140 is, verwag jy ‘n dogtertjie.
5)   Wanneer jy niks van lemoensap hou gedurende swangerskap nie, verwag jy ‘n seuntjie.
6)   As jou neus wyer raak, dan verwag jy ‘n seuntjie.
7)   As jy pragtig lyk gedurende swangerskap, verwag jy ‘n seuntjie.
8)   Indien die pappa van die baba net soveel gewig optel as die mamma, dan verwag hulle ‘n dogtertjie.
9)   As die maand waarin jy swanger geraak het, asook die somtotaal van jou ouderdom onewe getalle is, verwag jy ‘n dogtertjie.
10)   As jy smag na kaas en neute, verwag jy ‘n seuntjie.
11)   Vra ‘n swanger vrou om haar hande vir jou te wys.  Indien haar handpalms na bo wys, verwag sy ‘n dogtertjie.
12)   Wanneer jou beenhare vinniger groei as gewoonlik, dan verwag jy ‘n seuntjie.
13)   Wanneer jy met jou kussing in ‘n noordelike rigting slaap, dan verwag jy ‘n seuntjie.
14)   Maak ‘n potlood aan ‘n toutjie vas en hang dit oor die mamma se maag.  Indien dit in sirkels beweeg, verwag sy ‘n dogtertjie.
15)   Indien die kleinkind se ouma, aan moederskant, grys is, verwag jy ‘n seuntjie.

Ah Willa:
 :sign10: en my voete is altyd koud en my hande altyd warm - terwyl ek Theo verwag het, moes ek sokkies en beanbag heeltyd om my arme voete vou - dit was ysblokkies - laas winter het ek weer kaalvoet kon loop  :icon_salut:  En ek het nogal so 'n ding vir kaas gehad (iets wat ek nooit veel van eet nie)  - ek was baie klein - self tot op die laaste - meeste mense kon nie eens sien dat ek swanger is ... Theo het in my heupe weg gekruip ;-)

maar of al die ouvrou stories nou waar is al dan nie - ek weet nie - maar van hulle is nogal interesant  :angel4:

Daar is ook een waar jy jou ken moet vasknyp - as daar 'n voutjie in vorm verwag jy 'n dogtertjie  :toothy4:

Naas:
En as jou maag swel verwag jy 'n baba.




 :icon_bigsmurf:

Ah Willa:
regtig Naas???  Mmm .. dan is daar 'n paar Pappa's wat babas verwag  :wav: :wav:

ek sien net so paar ommies met opgeswelde maagies  :toothy4:

Meraai vannie Baai:
PM ek het geniet om die gryse wyshede onder oge te kry. Nogals een of twee herken uit oumagroot se slimmigheid rondom voorspelling van baba se geslag! En hier brul ek alweer onvroulik diekant van die aardbol. "...as jou maag swel verwag jy 'n baba" en Willa se paar omies wat swanger lyk heheheheh!!

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version