Die Klaskamer > Hoe werk die program?

PhotoScape (10) Cartoon funksie

(1/2) > >>

Meraai vannie Baai:
Prettige funksie vir daardie spesiale 'mylpale' wat kabouters bereik! Weereens uit die filter skakel se reeks, kies jy Pictorialization en daaruit weer cartoon

Vir die skrif: Object (kies T, en grootte/soort skrif ens.) skryf in die blokkie en skuif dan rond op foto waar jy dit wil plaas.



*hierdie funksie kan ook gebruik word as daardie spesiale oomblik nie te duidelik uitgekom het nie. Nadat jy die cartoon funksie gebruik het, stel jy by 'bright, color' die  'contrast' effens na regs en by 'bloom' kies jy een van die opsies wat jou foto die beste laat vertoon. Met die druk van 'n paar knoppies is die spesiale oomblik gered om in kleinding se boekie uitgestal te kan word  :hello:

Ah Willa:
Dis te oulik - 'n opvreet gesiggie!

 is PhotoScape 'n gratis program??

Dieselfde funksie is ook met The Gimp beskikbaar wat wel 'n gratis open source program is - werk op meeste platforms soos Microsoft, Linux en Apple Mac ...

Meraai vannie Baai:
Willa dit is gratis beskikbaar maar werk ongelukkig nie op Mac nie. Sal biekie gaan loer na die ene wat jy gebruik. Ek is maar treurig om ietsie baas te raak - soos PM altyd so mooi beduie, ek verstaan vinnig as jy laaaaank verduidelik  :icon_bigsmurf: PhotoScape verbaas selfs my twee 'designer-kinders' met sy eenvoudigheid.

PM:
Ai, dit is 'n mooie klein prinsie Raaitjie.  Dankie vir die deel van nog 'n prag-funksie. 
Ja, ek verstaan gou as julle lank verduidelik, want ek is mos my ma se "spesiale" kind.  :icon_biggrin:
Ek wens ek kon so "gou" vergeet het ook, maar dit gebeur baie vinniger.  :crybaby2:

Ah Willa:
Dit is goed - daar moet meer vrye programme beskikbaar wees vir almal - en die wat meer in details met design wil gaan kan maar die duurder programme aanskaf :-)

The Gimp neem bietjie dinkwerk - dis nie vanself sprekend of ooglopenend nie - maar daar is baie hulp bronne beskikbaar en ek sal ook graag help waar ek kan ...

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version