Author Topic: Heerlike frikkadelle  (Read 28294 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Heerlike frikkadelle
« on: May 04, 2011, 09:15:55 AM »
Oond:  180 grade.

Neem plus minus 1 kg  maalvleis.  As jy wil,  500gr vark en 500gr bees. 
Krummel twee dik snye brood.
Rasper 2 groot uie, 2 geelwortels en 2 aartappels.
100 ml melk
2 eetlepels asyn
2 pakkies bruin soppoeier
Meng alles saam en proe of dit sout genoeg is.
Voeg nog sout by indien nodig en 'n lekker skoot swart peper.
As jy van 'n brandjie hou,  voeg brandgoed by.
Meng goed en maak bolletjies.
Plaas in 'n pan wat liggies met olie gesmeer is en bak dit in die oond totdat dit gaar genoeg is.

Geniet dit!  Dit is heerlik!



Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Heerlike frikkadelle
« Reply #1 on: December 03, 2012, 11:13:08 PM »
Gaan hierdie Donderdagaand maak vir ons padkos!  :icon_biggrin: :hello2:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Heerlike frikkadelle
« Reply #2 on: December 04, 2012, 07:48:55 AM »
Dit klink so lekker dat ek onmiddellik in my gedagtes deur die koskas en yskas gegaan het om te sien watter bestanddele ek kort.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Heerlike frikkadelle
« Reply #3 on: December 04, 2012, 08:17:10 AM »
Ek vergaap my altyd aan die "aantal kere gelees".  As almal dit gelees het, sou ek graag wou hoor wie dit gemaak en geniet het. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Heerlike frikkadelle
« Reply #4 on: July 31, 2013, 09:12:23 AM »
Het ek toe gisteraand weer hierdie resep probeer met baie knoffel en gemmer en 2 eetlepels brandewyn.  Mama Mia!  Heerlik heerlik.  

Die eerste 15 minute het ek die oond op 500 grade F gehad en dit die laaste 5  minute onder die rooster gehad.  Die bolletjies was net so effens groter as gholfballetjies.  Dit was heerlik sappig. 
« Last Edit: July 31, 2013, 09:16:47 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Heerlike frikkadelle
« Reply #5 on: July 31, 2013, 07:31:34 PM »
En jy kan frikkadelle by my lysie van geliefkoosde geregte voeg.
Ek lief frikkies.  Met mash en pampoen en ertjies en 'n mushroom sous....
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Heerlike frikkadelle
« Reply #6 on: August 01, 2013, 11:01:19 AM »
Heerlik heerlik.  Gewoonlik maak ek baie bolletjies en vries so twee bakkies daarvan.  Dit is altyd handig as jy skielik iemand kry wat kom saam eet.  'n Mens kan dit ook sommer saam met 'n paar kraakbeskuitjies en kaas en avo's bedien.  Njam-njam.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Heerlike frikkadelle
« Reply #7 on: September 26, 2015, 11:13:13 AM »
Lees ek weer saam oor 'n gas se skouer. As mens nou by hierdie resep van jou so bakhand gerasperde kaas byvoeg, is dit nog sappiger!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Heerlike frikkadelle
« Reply #8 on: September 30, 2015, 04:26:21 PM »
Jip.  Met my hoog proteine en baie vet (banting) kan 'n hand vol kaas net bo-baas wees. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Heerlike frikkadelle
« Reply #9 on: October 01, 2015, 08:30:51 AM »
So het ek die resep aangepas om by my lae kolidrate "carbs" aan te pas.

Ek het die brood, aartappels, soppoeier en asyn uitgelaat.
In die plek van die asyn het ek my brandewyn-rissie-mengsel bygevoeg. (sien onder)
Om die vleismengsel te bind het ek 3 medium eiers bygevoeg. 
Maak bolletjies en pak in 'n bakplaat.  Bak teen 200% tot dit reg is vir jou. 

Soms kry ek 'n sakkie rissies present, of my plantjies lewer 'n paar hande vol,  en weet nie wat om daarmee te doen om dit te preserveer nie.
So maak mens:
Sny dit op in ringetjies (met pitte en al) en plaas dit in flesse.  Vul die fles met brandewyn. 
Dit hou vir ewig. 
Afhangende van hoe sterk jy die dis wil hê waarin jy dit gebruik kan jy die hoeveelheid wissel.  Gooi altyd so 'n eetlepel brandewyn by jou dis.

Lekker eet!
« Last Edit: October 01, 2015, 08:35:48 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Heerlike frikkadelle
« Reply #10 on: October 01, 2015, 12:04:04 PM »
Dit klink heerlik!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Heerlike frikkadelle
« Reply #11 on: October 01, 2015, 12:19:25 PM »
Wat wou daai brandewyn by die kos gooi. My dokter se dis die enigste vrugtesap wat nie die verteringssappe verdun nie so dis idiaal om die kos mee af te spoel as jy klaar geeet het. Die byt in die brandewyn keer sommer dat jou metobolisme handuit ruk.
Dankie in elk geval vir die wenk. Nou het ek verskoning om 'n botteltjie te gaan koop.  :hello2: :hello2: :hello2:



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Heerlike frikkadelle
« Reply #12 on: October 01, 2015, 12:22:42 PM »
Hiehiehie. Onthou ek nou ons het jare gelede betrokke gewees by sendingwerk en met een so besoek aan 'n gesin het die vrou van die huis 'n swaar hand gehad met haar krismiskoek. Onse dominee was jonk en altyd honger. So aanvaar hy tweede en derde porsie. Daardie aand het ons bybelse humor leer ken soos nog nooit!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Heerlike frikkadelle
« Reply #13 on: October 01, 2015, 12:35:34 PM »
laat dink my nou weer aan die jong dominee wat sy intreepreek moes aflewer. Hy is die oggend twee ure voor die diens reeds in die konsistorie, loop op en af en reperteer sy preek. Baie op sy seningwese. Die koster kyk die ding so en stel later voor dat die dominee so bietjie van die nagmaalwyn moet drink om te onspan. Hy wou eers nie want wat gaan die gemeente se as hulle sy asem ruik.
Maar die koster se hy is mos op die preekstoel niemand kan so ver ruik nie.
Hy maak toe so en vat so 'n knertsie. Dit help, maar net vir 'n rukkie. Hy besluit hy het nou klaar oortree en vat toe maar nog 'n slukkie. Teen die tyd dat die kerk moet begin gooi hy toe die tweede bottel in die drom en is daar geen sprake van senuwees nie.
Hy preek. Sy een uur voorbereide preek raak 'n twee uur preek. Die gemeente hang aan sy lippe en die kinders geniet die preek.
Na die tyd kom die hoofouderling na die dominee en se:
Dominee, dit was 'n baie interresante preek maar daar is 'n paar goeitjies wat jy moet onthou.
1. Noag was veertig dae en veertig nagte in die ark en nie 'n verdomde ewigheid nie.
2. Jesus het twaalf dissipels gehad en nie 'n hele weermag nie. en laastens
3. David het vir Goliat met 'n klip uit sy slingervel neergevel. Hy het nie op 'n klip gespring en vir Goliat 'n moerse klap gegee nie.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Heerlike frikkadelle
« Reply #14 on: October 01, 2015, 12:55:28 PM »
Vanaand gaan ek met wye glimlag kooi toe  :toothy4: Wat sal ons lewe wees sonder humor?