Die Klaskamer > Hoe werk die program?

PhotoScape (8) Clone Stamp

(1/3) > >>

Meraai vannie Baai:
Ken jy ook daai 'ag nee my lens het vuilkolle!!' gevoel as jy 'n pragtige sonsondergang foto of enige toneel waar jy die lug duidelik kan sien, geneem het?  Hierdie handige 'clone-tool' van die program is die ideale oplossing. Binne sekondes het jy van die onooglike kolle ontslae geraak.

As jy op 'tools' kliek sal jy die clone stamp funksie daar sien. Kliek op dit en kies die grootte van die kolletjie wat jy wil gebruik om herstelwerk te doen op jou foto. Druk nou so na as moontlik aan dieselfde kleur agtergrond waar die ongewenste kol sit, kliek dan weer op die kol. As jy die 'shift' knop inhou sal die gekloonde deel subtiel ingekleur wees. Onthou om esc. te druk as jy op  nuwe kol wil herstel. Die undo skakel is hier van onskatbare waarde tot jy die regte kleur gekry het!
 
(Baie handig ook om daardie onwelkome elemente in 'n foto te verwyder bv. oorhoofse drade, padtekens ens.)

Hierdie foto kon ek glad nie gebruik nie en met die hulp van die clone stamp is die vetterige kolle nou verwyder. Outop het probeer om my lens skoon te maak maar pure verniet. So ek sal tot ek die lens profesioneel kan laat skoonmaak, arig moet steun op hierdie funksie!

En so lyk my foto wat voorheen nutteloos gevlek was:


 

PM:
Dit is nou handig verby!  Ons kry dikwels die pragtigste tonele met die ou drade voor en hier is die oplossing.  Baie dankie vir hierdie handige inligting.  Dit sal uitstekend te pas kom.   :icon_salut:

Meraai vannie Baai:
Ek het gister weer 'n foto geneem waar daar 'n lelike geel plastiekmerk op die pragtige hout aangebring was PM en met die hulp van die program is dit in ommesientjie weggetoor!

PM:
So tussen die pakkery deur het ek Photoscape afgelaai en na die videos gekyk.  Ek sal moet terugverwys na die eerste lesse wat jy gegee het.  Hoe kry 'n mens net een skoon bladsy?
Jy moet weet as ek al daar vashaak!  :dontknow:

Ek het op die video gesien van die "clone stamp", moet eers 'n foto kan oopmaak voordat ek kan begin speel.  Dalk sal ek in die Kaap meer tyd vir myself hĂȘ.

Trapsoetjie:
hA HA ....Vergeet daarvan PM.  :toothy4:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version