• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Lampoon in Afrikaans

Started by Meraai vannie Baai, January 23, 2012, 01:59:43 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Lampoon: Geskrewe woorde/skets waarin die spot openlik en kras gedryf word. Hier is my twee voorbeelde 

ZumA: Die einde of begin?

Vir sommiges
is hy slegs
die baboon
in 'n lampoon

~~~~~~~~

Lampoonse Grafskrif:

Jou warm asem in my nek
en natsoene wat orig kleef;
jy't die hele buurt ophol gehad!
Einde ten laaste gevrek -
hier rus 'n goeie teef!

*Vir my vroulief: jammer oor die oop hek.

Meraai vannie Baai

Hoop die ouens verstaan die laaste een as grafskrif vir 'n brakkie  :icon_bigsmurf:

PM

#2
Hê-hê, dit is nogal baie dubbelsinnig nê!  :icon_biggrin:

Naas se gedig van Zuma sal ook pragtig hier inpas. Dalk kan hy iets skryf oor die 10 miljoen rand wat meneer so pas gebruik het om te gaan "kuier".  'n Boeing en twee stralers!  :dontknow:

Iets soos

Tien miljoen
"what ye doing?"
twee stralers en
'n Boeing?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Naas

Hy vat die staat's miljoena
sit 'n twee rand by.
Toe sê die boeing: "Zuma"
en weg vlieg hy.

Hy land toe an der kant
met 'n gesig wat straaler
en agter in sy land
is die mense net nog kaler.


:icon_bigsmurf:

Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Mooi Naas!  :hello2: Dit is werklik "openlik" en "kras".  (Nie die gedig nie, maar die aksie!)

Zuma en Malema sing saam:
Ons is groot menere
voels van eenderste vere
die trane die rol oor jou Bokkie
hier waar ons yskoud staan
daar waar die son en die maan
vir so baie onderdergaan!

Dit hoort eintlik onder "Die Tragiekdigstruktuur"
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Staande applous julle twee :hello2: :notworthy: :icon_salut: PM ek LIEF "Die Tragiekdigstruktuur"

PM

#7
Dan moet ons daaraan werk.  :icon_biggrin:

Ek hou nie van politiek nie, dit is vuilpraatjies.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#8
007 gaan skaai toe vanoggend onse Trappies se lyntjies en gom dit weer vas in 'n lampoon (want toe klink dit vir my hulle is ook maar half en half soos 'n baboon daar by jou werk Trappies).
Die Engelse struktuur leen hom volmaak aan galbraak in Afrikaans :icon_bigsmurf: :hello2:

EISH!

"Oulike" ouditeure hier by die werk .
Vrek, elke keer as hulle hier is dan dink ek
sjoe, hulle is nie baie "bright" nie;
wil eskom nie hulle liggies aanskakel nie?  

© Trapsuutjie

:toothy4: Terwyl ons stomklets vertel ek 'n mater van die oulike gedigte wat hier onstaan het en hy antwoord so ewe bekkig:

Ek is natuurlik ook nie bright nie,
myse tjing is op -
die ek sit sonner ligte enne dop.

EISH!

© Joe Mulder (met toestemming is jou bekkigheid nou verewig in versvorm neefgoed  :notworthy:)

PM

Raaitjie, elke keer as jy dit doen, besef ek hoe waardevol jy vir ons is.   :notworthy:
Ons almal lief jou matertjie. :love7:

:bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Hang aan PM, ek gaan gou my pienkhoedjie opsit en die lippe rooimaak  :icon_bigsmurf: :notworthy: :love7:

PM

 :icon_biggrin: Kom maar net soos jy is, ons wil niks anders hê nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#12
PM, weet jy ek kan nou om die dood nie onthou of ons die tragiekdigstruktuur bespreek het vir boek 2 nie? Die deel van ons geskiedenis verdien mos 'n tong in die kies dokumentering deur die forumliete  :`ip2:

Marius

O wee die jong kadre Malema,
deesdae drink hy heelwat Grandpas,
die probleem is jy sien,
hy 't sy sterre gesien,
sonder spieel met President Zuma!

Meraai vannie Baai

Dankie baie baie!! Sien jy het die erf opgespoor en jou woordspore gelaat :hello2: