Author Topic: Vrydag die 13de.  (Read 8230 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vrydag die 13de.
« Reply #15 on: January 16, 2012, 07:45:10 AM »
Selfs in die ou Transvaal was dit 'n gesukkel, veral oor naweke.  Jy kon nie waag om iewers heen te gaan nie, moes maar self bly en melk en al die werkies verrig, want Nugter was af vir die naweek.  Maandag was die wat nie in die hospitaal beland het nie so sleg dat jy in elk geval niks vir die dag kon uitrig nie. 
Om selfs iemand uit jou huureiendom te kry wat nie betaal nie en net verwoes en afbreek, kos 'n hofbevel.  So om en by R12.000.00 tot R15.000.00.
Daardie wette moes beslis op Vrydag die 13de uitgedink gewees het. Waar is die dae toe die wet in die guns van die regverdige geval het.  Nou is dit in die guns van die krimeneel.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Vrydag die 13de.
« Reply #16 on: January 16, 2012, 07:50:54 AM »
Praat jy wat tanne het.

ek het hofbevel gekry teen Lena wat nou al meer as 2 jaar onwettig 'n huis op die plaas bewoon na haar ouers al 2 oorlede is vir wie ek tot hulle dood huisvesting gegee het. Nou weier sy om uit te gaan en hou 'n hele gespuis aan in die huis.
Die hofbevel seg sy moet op 31 januarie 2012 uit en indien nie kan ek die balju kry om hulle uit te sit. dis nou al 16 de en hulle maak nog geen aanstaltes om te trek nie. dan moet die balju hulle seker maar kom uitsit.

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vrydag die 13de.
« Reply #17 on: January 16, 2012, 09:32:44 AM »
Sterkte, die gespuis wat ons huis gehuur het, het nog drie maande grasie gekry om te trek.  Ek sal later die voor- en na foto's wys.  Dan vra die mense hoekom drink ek, dan wys ek vir hulle die foto's en vertel die storie, dan drink hulle saam.   :icon_biggrin: 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Vrydag die 13de.
« Reply #18 on: January 16, 2012, 09:44:01 AM »
Kyk dis Maandag die 16de....Ja Maandag die 16de. Kon dit nie maar asseblief Vrydag die 13de gewees het nie.... :crybaby2:
Ry van die Gym af, vang die Verkeer my. Kom laat by die werk aan. Stap in word ek vertel die water is af. Net reg om te baklei, hoor ek 'n pyp het gebars en die water behoort oor 'n halfuur weer aan te wees. Sluit my kantoor oop en kyk 'n "Video Loss" pikswart na my. Een van ons kamara's is buite werking. Weer af met die trappe gaan soek die probleem. Intussen probeer ek kleinbasie bel, maar die begin mos eers later werk. Ag en om alles te kroon het ek my Vruggies tuis vergeet. (Gelukkig vir my werk Ousus langs my en hulle het lekker vruggies wat sy vir my sal aan stuur sodra ek dood van die honger is  :icon_biggrin:) Dan trek hier 'n moviese groot "Container" hier in, ek het geen dokumentasie nie, weer bel en soek. Ag wat! So ja opgewen en reg vir 'n bekgeveg begin my week dan.
Gee enigetyd vir my eerder Vrydag die 13de as enige Maandag wat so begin.  :`ip2:

 :angel12:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Vrydag die 13de.
« Reply #19 on: January 16, 2012, 11:32:03 AM »
Ai Trappies! So hoor ek Vrydag ek is kwansuis 'n alkoholis. Ek verstaan glad nie waar hulle daaraan kom nie want ek drink net twee keer 'n jaar.  Net wanneer ek by jou is en dan weer wanneer ek nie by jou is nie.
Flip frik. hoe moet ek nou in my binniste voel waar drank nie eers kan bykom nie?





 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Vrydag die 13de.
« Reply #20 on: January 16, 2012, 02:09:38 PM »
Nee man Naas, hoe kan hulle sulke liegstories versprei.  :dontknow: EK dink ons moet bietjie bymekaar kom oor 'n botteltjie of so en kyk wat ons aan die saak kan maak... :icon_biggrin: Ons drink dan so mooi uit 'n glas......
 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vrydag die 13de.
« Reply #21 on: January 16, 2012, 04:18:47 PM »
Julle moenie alles opdrink nie, ek is een van die dae daar dan drink ons weer saam.  Ek sal vir julle 'n paar lesse kom gee.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.