• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ek issie 'n duif nie!

Started by PM, January 11, 2012, 11:42:12 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Chichi

PM... deel ek nou my naam met 'n duifie? Of is dit 'n ander tjiekie, of het jy net aan my gedink en oor dat ek altyd oulik en pragtig is het jy gedink die naam is gepas?  :icon_biggrin:
*The one and only AWESOME-EST


PM

Ja jou klein aspatat.   :icon_biggrin: Sy is vol lewe as daardie kroppie leeg is.  Nou sit sy heerlik en slaap, in 'n bondeltjie ingekruip onder 'n warm serpie. 

Ek hoop maar sy word mak en bly mak.  Ek sal nie daarvan hou om haar "gevange" te hou nie.  As ons Kaap toe kom sal sy moet saam!  Hier is nie iemand anders om haar te versorg nie.
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

hehe ons het 'n klein mossie hier opgetel en ook so met die hand groot gemaak, sy is nou heeltemal aan mense ge "imprint" soos as ons lag en praat dan gesels sy saam en as ons met haar gaan stap vlieg sy saam maar kom altyd terug na ons toe, sy vlieg soms na ander mense toe en sit by hulle. maar sy is glad nie bang vir mense nie, net vir ander voƫls en diere!
*The one and only AWESOME-EST


PM

Wonderlik!  Chiekie sal nie bang wees vir ander gevlerktetjies nie.  Hier reg voor my lesenaar is 'n kosbakkie en elke dag is hier talle vretertjies. As sy eers vol vere is sal ek haar hier voor my in haar mandjie sit, waar ek 'n ogie oor haar kan hou, sodat sy hulle gewoond kan raak.

Louis, ek voer haar nou met my mond.  Sommer die pap ook, dit gaan baie makliker en tjop-tjop is die kroppie vol.   :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Hier lees ek nou eers die pragtige verhaal van Tjiekie raak  :love7: :hello2: :notworthy: wonder ek hoe het die slottoneel verloop?

PM

Die stoute ding het verlief geraak en ge "elope". 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi


PM

Wonderlik hoe die forum en sy mense 'n mens kan terugneem na "daardie dae" toe alles nog goed gegaan het. 
Om te weet is om te verstaan.