Author Topic: My roos vir 2012  (Read 2680 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
My roos vir 2012
« on: January 11, 2012, 09:50:59 AM »
Na ek 'n gedig gelees het van Naas, het die idee by my pos gevat. Of is dit geneem? Wat ookal.  :icon_scratch: Ek het toe besluit ek wil 'n roos koop en in 'n pot plant. Elke dag daarna kry en onthou al gaan dit hoe sleg is daar altyd iets mooi te sien erens. Al is dit net een roosknoppie, tussen al die dorings. Ek gaan Saterdag my roos haal wat ek bestel het.  :toothy4:


My roos vir 2012

Soeke na die regte kleur,
met ‘n bietjie geur.
Gevind my roos,
wat ek in 2012 kan liefkoos

Black Magic is haar naam.
In ‘n prag pot gaan ek haar raam.
‘n Simbool van ‘n jaar,
en wat dit gaan baar!

Perfek, is die blom,
laat my stom,
maar moenie vergeet
van ‘n donker ding wat steek!

Dis die jaar se sinnebeeld.
Net soos geluk en ongeluk verdeeld.
Bring die blom en sy doring
my terug na die lewenskring!

©
 :angel12:


« Last Edit: January 11, 2012, 09:56:12 AM by Trapsoetjie »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: My roos vir 2012
« Reply #1 on: January 11, 2012, 10:10:32 AM »
Pragtig gestel Trappies!!! Die blom en sy doring, soet en suur in die lewenskring is deel van ons almal se lewe en ek gaan vir my ook 'n rosie vertroetel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: My roos vir 2012
« Reply #2 on: January 11, 2012, 03:25:32 PM »
Dit is pragtig Trappies! Ek hoop jou "roos" het baie meer blomme as dorings!  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: My roos vir 2012
« Reply #3 on: January 12, 2012, 08:57:09 AM »
Dankie julle, ek waardeer dit regtig baie.  :love7:

My roos is veronderstel om my te laat fokus, ek hoop dit werk, veral vir die volgende boek.   :evil6:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: My roos vir 2012
« Reply #4 on: January 12, 2012, 09:27:21 AM »
Ons sal jou ook gefokus hou.   :angel4: Hou jou lyfie maar reg vir 'n kuier.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: My roos vir 2012
« Reply #5 on: March 08, 2012, 04:55:27 PM »
mmm 'n focus punt,
'n onthou raampie,

dit kan dan net 'n produktiewe 2012 wees ...
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w