Author Topic: "My Afrikaans" Herman Toerien  (Read 10600 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
"My Afrikaans" Herman Toerien
« on: January 07, 2012, 08:35:43 AM »
Ek weet nie waar om hierdie te laai nie, so skuif dit as nodig is, PM.
Maar dit is so kostelik vertel, ek het my in trane in gelag.

http://maroelamedia.co.za/blog/die-groot-debat/my-afrikaans/

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "My Afrikaans" Herman Toerien
« Reply #1 on: January 08, 2012, 10:02:58 AM »
Dit is net reg hier Annie.  Baie dankie vir die deel hiervan, ek het dit baie geniet.  Die hele storie is "frot" van die humor!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: "My Afrikaans" Herman Toerien
« Reply #2 on: January 09, 2012, 02:17:09 AM »
Ek het die skakel GANIET  :sign10: en dit het my weer laat dink aan wat met 'n familielid gebeur het. Haar seun is 'n mongool-engel en op daardie stadium omtrent so 22 gewees. Bel hy sy moederlief by die werk. "Mamma mamma! Ek het 'n trol gevang!" Gewoond aan sy oorryke verbeelding hak nig af met opdragte dat die trol gevoer moet word en in die kas toegesluit word. Sy sal kom kyk as sy tuiskom  :icon_biggrin:

Die aand neem kind haar baie opgewonde kas toe om sy trol te wys.

Ek sou wat wou gee om 'n vlieg teen die muur te kon wees toe daardie hangkas se deur oopgesluit was! Daar sit 'n 'dwergie' baie baie boos en half verwese... Hy het as verkoopsman, niksvermoedend aan nig se voordeur geklop.  Dit het amper op hofsake uitgedraai! Die res is geskiedenis vir die nageslag  :book1:
« Last Edit: January 09, 2012, 06:04:52 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "My Afrikaans" Herman Toerien
« Reply #3 on: January 09, 2012, 07:46:07 AM »
O my goeiste!   :sign10:  Ek sou ook wat wou gee om dit te sien.  Daardie kinders is regtig hemelkindertjies nê!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: "My Afrikaans" Herman Toerien
« Reply #4 on: January 09, 2012, 09:08:32 AM »
Sy ma se opdrag was: voer hom koekies en melk hoor  :toothy4:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: "My Afrikaans" Herman Toerien
« Reply #5 on: January 16, 2012, 08:45:39 PM »
Ek het Saterdagoggend volkspele begelei terwyl my vriendin, Susan, die spel gelei het. Haar Down's-dogtertjie is nou 6jr, maar so woelig het ek nog min gesien.  Die middag en aand het ons net heerlik met speletjies en sang ontspan. Teen laataand het ons al so gelag, sy is so kosbaar, moedswillig, maar vol pret.
Sy het eenvoudig aan alles wat ons klompie, (heelwat skoolkinders), gespeel, geswem, ge-konsert het, deelgeneem. En as haar mamma gepraat het, het sy baie ernstig kopgeskud en gesê: "Goed." Soms was dit dan goed en soms het sy net haar eie pad gegaan, leef en dans in haar eie klein wêreldjie.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "My Afrikaans" Herman Toerien
« Reply #6 on: January 16, 2012, 10:05:45 PM »
Ag dit is wonderlik.  Daardie kindertjies is regtig hemelkindertjies. 
Adéle, dink jy dat julle dit so teen die middel Februarie sal kan maak Kaap toe? Dalk kan ons slaapplek reel en dan kuier ons daardie honderdjaar kuier wat ons al so lank beplan!
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: "My Afrikaans" Herman Toerien
« Reply #7 on: July 24, 2019, 09:24:39 PM »
kopskud ek nou vir myself en wonder oor daardie Februarie-trippie Kaap toe ... ek weet nie meer hoekom en waarom dit kon gebeur nie, maar ek glo nie ek was daar nie  :toothy4: En eers het ek weer Herman se Afrikaanse vertelling deurgelees en my kruppel gelag, hier in hierdie koudkoue aandure, nou voel ek sommer warmer met my hart weer in Afrikaans gedoop.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "My Afrikaans" Herman Toerien
« Reply #8 on: July 27, 2019, 09:37:26 AM »
Ek het so pas die gedig van M van Niekerk gelees:  Ogilvie Douglas.  Dit gaan oor 'n mongoolkindjie.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.