Author Topic: Kersboom en Geskenke..  (Read 2955 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Kersboom en Geskenke..
« on: December 14, 2011, 08:23:51 PM »
Ek het 'n lap kersboom
Rooi en groen driehoeke opgestop met lekker sagte goete en aanmekaar gewerk om 'n groot driehoek - soos 'n boom - te vorm.
Hieraan hang die fraaiste goetertjies, rooi appeltjies, figuurtjies, mistletoe (spelling), klokkies...
Dit moet nou opgehang word teen die muur waar die groot muurhorlosie hang.  Die muurhorlosie moet nou hang waar die geroeste doringdraad-hart hang.  Die hart moet maar kas toe. Ek het nie plek vir 'n staan boom nie.
Dit gaan fraai lyk.
Ek het 'n sak goedkoop speelgoed gaan koop by Crazy store vir die kinders van die dames van die skoonmaak diens wat elke twee weke my plek skrop. En boeke en inkleur boeke in 'n groot sak met sweeties. Dit lyk behoorlik of kersvader sy sak hier gelos het.
More as hulle kom skoonmaak, wag hierdie verrassing vir hulle wat hulle kan saamneem.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kersboom en Geskenke..
« Reply #1 on: December 14, 2011, 08:34:39 PM »
Ag wonderlik Ellé, ek hoop werklik dit maak 'n verskil in hul lewens.  Jy is kosbaar!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kersboom en Geskenke..
« Reply #2 on: December 15, 2011, 07:42:35 PM »
PM, jy moes die opheldering van hul gesigte sien toe ek hul se daar is 'n sak geskenkies vir die kinders.
(Hulle maak ook ons kantore skoon en direk daarna my plek. So ek sien hulle altyd daar en gee dan my sleutel af).
Jy weet, ek doen sooo min vir ander.  En as ek net 'n klein bietjie geld spandeer het om kindertjies vir 'n uur of twee gelukkig te maak, dan is ek ook gelukkig daardeur.  Ek wou nie geld gee sodat die ouers iets moet koop nie, want die nood vir kos is so groot, dat die kinders nie geskenkies sien hierdie tyd van die jaar nie. Mens is ook nie seker of die geld wel vir kos gebruik word nie.

Daar is 'n ouetehuis net langs my woonstel-kompleks.  Dalk stap ek Kersdag om en gaan gesels met iemand wat smag na geselskap en wie se kinders hulle vergeet het.
Die vorige aand sal die familie van my seun se aanstaande skoonouers 'n ete gee vir ons almal.  Die menu is om van te .......  Soveel van vleise en geregte en poedings is om van te gil.  Mense gaan dood sonder kos en ons gaan ons ooreet. 
Waarom al die oorvloed? 
Ons gaan die volgende dag, Kersdag, piekniek hou langs die swembad.  Weereens 'n ge-eet vir die vale, maar ek het klaar besluit... ek is afwesig.  Ek wil of rustig my roes afslaap of vir 'n bejaarde gaan kuier.

elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kersboom en Geskenke..
« Reply #3 on: December 16, 2011, 09:37:00 AM »
Wonderlik Ellé!  Hierdie tyd van die jaar is daar baie eensame mense. 
 :hello2: Jy maak beslis 'n verskil!
Om te weet is om te verstaan.