Die kuierstoep > Bekgeveg
Ken jy enige staatmakers?
PM:
Wat is 'n staatmaker en het jy van hulle in jou lewe?
Stof:
'n Staatmaker is die enkelinge wat in tye wat dit regtig nodig daar is. In teenstelling met die meerderheid wat in woorde belowe hulle is daar, maar as nood kom, skielik kuikenpiep het.
'n Staatmaker is:
- Iemand wat, as toegang tot die Unisa biblioteek nodig is, 'n kwartmyl oor die kampus sal stap om sy outoriteit te kom gebruik om die amptenare reg te help oor hulle glipsie.
- Iemand wat sy eie program omverwerp om 'n stofluis te kom help uit 'n penarie as as 'n staatsdepartement hul natuurlike gedrag tentoonstel en die luis se sake heeltemal verkeerd hanteer.
- Drie enkelinge wat binne minute langs die Warmbad pad is as die luis se voertuig die dag siek word. Nadat die ander wat selfs nader woon, geseg het hulle kan nie nou nie, die sepies is nou op TV...
- Iemand wat sy voertuig onbepaald vir die luis leen terwyl luis se Anše siek is.
- 'n Maat wat net op die regte tyd skakel wanneer 'n drukkie so nodg is.
- Iemand wat die behoefte aan koel voedselvervoer raaksien en dan die engele is wat 'n voertuig voorsien wat
prima is vir die doel.
- Hulle wat 'n sestig kilometer draai sal ry, net omdat hulle graag die luis wil saamneem na 'n smul-eetplek.
- Die taxidrywer wat sy moruti gratis oplaai langs die pad omdat hy sien luis mafuta op die langpad toe hy verbyry.
- Elkeen wat, as die luis by hulle verbykom en hul sien dit kort 'n drukkie, nie bang is om met 'n luis geassosieer te word nie en daardie drukkie onvoorwaardelik gee.
- Die wat op 'n Saterdag-middag Wesfort toe sal ry met Bybels en negosie as die luis nie self instaat is om die vrag te laai nie.
- Enkelinge wat die luis se behoefte aan 'n bepaalde gewaad raaksien en dit dan verras met 'n oorspronklike weergawe ingevoer vanaf die land waar dit gebruik word.
- En 'n horde plakkers, wat as die bo-dorpers nie tyd het om saam te dra, ssam te bid en saam om 'n vuur te sit nie, hulle makuku's oopstel vir 'n luis.
- Daar is nog heelwat ander voorbeelde. Hierdie is maar opsommend van die afgelope tyd.
Wie is nie 'n staatmaker nie?
Dit is hy wat voor jou, jou so smeer met heuning, dat jy drie maal moet stort om al die taai af te kry. Maar minute later, die "allervleiende" eposse stuur aan ander waarin hy diegene waarsku teen die luis se inherente swak karakter. Dankie aan die outeur van die epos. Elkeen wat jou epos ontvang het, het self teruggekom en geraporteer dat hulle jou epos as 'n denkdisfunksie beskou.
Angelica:
Staatmaker... nope.
Ek maak nie graag staat op enigiemand nie. Die teleurstelling is te groot.
Ek vra ook nie graag nie. Doen my ding en as ek nie dit self kan doen nie, bly dit.
Nope.. ek maak nie staat op iemand nie.
Maar as jy aanbied en dit kom uit jou hart, neem ek dit met graagte aan.
PM:
'n Staatmaker vir my is heel eenvoudig. Dit is net iemand op wie se knoppie jy kan druk as jy hulp nodig het. "Drie enkelinge op wie se knoppie jy kan druk as jy hulp nodig het". Alla Stofluis! Stof, jy is ongelooflik gelukkig om DRIE ENKELINGE gelyktydig daar te kon hê toe jy hulp nodig gehad het!
As ons nie daar vir mekaar kan wees nie, wat is ons werd?
Toe ons in die Kaap was, het ons forumvriende (Naas en Trappies en haar gesin) vir ons alles beteken. Toe Hannes siek geword het was hulle daar, om elke hoek en elke draai! Ek kan 'n boek skryf oor hoe hulle ons bygestaan het. Dit is sulke dinge wat 'n mens nie ligweg vergeet nie.
Hulle is staatmakers!
Ek wil maar net 'n kort tydjie afknyp om dankie te sê aan die staatmakers in my sirkeltjie. Elke dag nog ervaar ek sulke moerse vriende en ek wens daar was 'n manier om dankie te sê. Ongelukkig is woorde maar ontoereikend. Nou gee ek maar net vir julle almal 'n drukkie. Weet tog net dat ek julle elkeen waardeer. Opreg waardeer! Ek lief julle stinkend!
Ellé, hier is ware vriende! Hulle kan net vir jou die nodige ondersteuning gee wat jy nodig het. Ek belowe jou, hulle is die goud van die aarde!
Meraai vannie Baai:
Ek wil ook dankie se vir die staatmakers in my lewe. Heel eerste my dierbare wederhelf, dan my skrywersvriende wat omgee en ondersteun in so baie opsigte. Naas, PM, Adele - julle is ware krukke in my lewe tussen lyne :love7:
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version