Die Biblioteek > Nuwe woordskeppings

langste woord

(1/4) > >>

adele:
http://maroelamedia.co.za/blog/boeretroos/taaltoffie/langste-woord-in-afrikaans/

help julle, ek soek daardie langste woord met die klomp w's wat ons saamgestel het, dalk kan Meraai dit vir hulle aanstuur

Meraai vannie Baai:
Adele ek het hierdie netso uit die woordeboek waar ek ons w-woorde bewaar het, gaan haal. Ek glo nie daar is nog so 'n gedig in Afrikaans nie LOL! Sal gaan loer waar ons met die woorde gespeel het vir die langste woord. Intussen geniet die hoor :book1: :notworthy:

Posted Desember 1st, 2010 by Meraai vannie baai

Weeksblaaie Weerspieël Weggesteekte Waarhede:
 
Weggesteekte Westerse Woesteling;
 Waardige Wederhelf Willie Wetie
 Woon Wrintiewaar Wel Waar
 Wonderbaarlike Woordryke
 Woesterse Webwerf-Wesies
 Weekliks, Wille-Woeste-Woorde
 Wat Weliswaar Watertand Werk,
 Wedersyds Wêreldwyd Wil Werf

Woerts-Warts Woepsie-Wapsie
 Word Woord-Wurms Warmbloedig
 Weë Wielie-Walie-Werkskeppende-Walse
 Werklik Weergaloos-Welgesproke
 Willekeurig Wikkelende Wa-Wyd Wakker

Weet Wetsgehoorsame Weetgierige Wysneus Wat?
 Wie Wonder Wydoog Waaroor Wou
 Weleerse Wyle Watsenaam;
 Wynsuipende Wouter Wyngardt Wessels
 Wraggies Wraakgierig Wrokkig
 Weereens Woordloos, Wantrouig Worstel
 
Wyl Wasige Warrelende Woud-Winde Wragtag
 Weens Woelige Werkers, Weswaarts Wegswaai
 Want Wriemelende Warmhakskeentjie-Wesens;
 Wafferse W-Woorde-Wysneus-Wewers,
 Wil Waarskynlik Weer Wondermooie
 Weelderige Wonings Waardevol Weef Want

Weeksblaaie Weerspieël Weggesteekte Waarhede:
 
Welsyns-Werkgewers Wys Wederregtelik
 Werklik Weinig Weerlose Weduwees
 Wanhopig Werkloos, Weemoedig Weg.
 
*In versvorm saamgestel deur 007 en is gedeeltelik geskoei op die Tongue Twister Poem struktuur

PM:
Lekker om jou raak te lees Raaitjie.  Dankie vir die inligting.  Ons het darem heerlik gewoeker met die wille w's.   :icon_biggrin:

Meraai vannie Baai:
Lekker ou dae gewees ne  :bootyshake:  Woordpret uit die boonste rakke  :love7:

PM:
Ons maak weer so!   :bootyshake:  Daar wag harde werk vir boek twee, maar dit is waar die pret inkom.   :icon_biggrin:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version