Die kuierstoep > Kom kuier saam

Waaraan meet jy Sukses ?..

<< < (2/4) > >>

Trapsoetjie:
Waaraan meet jy Sukses?... Geluk!

Aan geluk, as daar liefde is, is daar geluk so ek meet sukses nie oor waar jy jou in jou lewe bevind nie, maar aan geluk en liefde.

O Angelica, jy moet Naas se Kerse sien, vreeslik mooi, en glad nie duur nie.

Naas:
http://www.facebook.com/media/set/?set=a.1536078809334.2070354.1455766201&type=1

Probeer die link na my FB fotos. Hoop dit werk, daar is 'n paar kerse. Ek maak egter al 'n groter verskeidenheid en moet 'n slag opdateer.



 :icon_bigsmurf:

Angelica:
Oh my word... dit is pragtig.  Waar sien ons hulle in die vlees?
Het sommer jou FB troufoto's gesien.
Kinders is kosbaar.

Naas:
Die kerse is een van 'n soort. Die "skaduwee" kerse kan nie anders nie omdat die kleur in die vorm gemeng word. Ek maak gewoonlik so drie of vier en as ek die eindprodukte sien besluit ek watter prentjies ek in swart daarop wil sit.
Die kerse kry hul eie put en kan dus op hul eie brand maar hulle vertoon ook goed as jy 'n gewone kers agter hulle brand sodat die lig deur hulle skyn.
Die Groot Vyf kerse maak ek deesdae net op bestelling met swart agtergrond en swart was-staander. Ek het ook kleiner kerse met elke een van die groot vyf op sy eie.
Ek maak nie voorraad van die kerse nie omdat hulle stof gaar en as dit te warm word in my klas is hulle geneig om te buig. In die huis waar dit nie so warm word nie kom hulle egter niks oor nie.
Ek sal Maandag van my ander kerse op FB plaas. (Met 'n pryslys.)
Al die kerse word in my klaskamer gemaak en ek het nie 'n plek om hulle uit te stal nie. Ek maak meestal kerse vir troues en verpersoonlik dit met name en troudatums.
Bel maar as julle naby Bellville is dan kan ek reel om die kerse vir julle te wys. Ongelukkig is die Skadukerse op die fotos reeds almal verkoop.
Sel nommer: 084 928 3990


 :icon_bigsmurf:

PM:
Wow vir jou Naas!  Dit is werklik pragtig.  Ek verstaan net nie hoekom is dit nie hier op die forum ook te sien nie, met 'n pryslys asseblief!
Plaas die foto's gratis in jou eie plekkie.  Almal kan hul kunswerk in hul eie plekkie uitstal en pryslyste bysit.  Kom ons ondersteun mekaar.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version