Die Klaskamer > Hoe werk die program?

Aarbeie

(1/5) > >>

PM:
Lox, kom vertel vir my wat is die geheim van aarbeie kweek.  Ek het al hoeveel keer probeer om 'n paar plantjies aan die lewe te hou, maar hulle weier om sulke lekker groot aarbeie te dra.

Angelica:
DIT gaan nou 'n smaaklike onderwerp word.
Woollies het sulke lekker groot aarbeie.  Pragtig le hulle daar. Knus langs mekaar, die punnets, so streel-streel langs die ROOM.
Ek los maar gewoonlik die roompies net daar.  (Die pryse is om van te huil).

PM:
Ek is ook baie lief vir vars aarbeie en Lox se liefie kan aarbeikonfyt kook wat skrik vir niks nie en sy verkoop dit.
Dit lyk my hy is besig met 'n hele voorbereiding om met foto's en al vir ons 'n aarbei-aanbieding te bring.

Lox:
ek het nog net nie kans gehad nie, sal nog vertel en dink solank wat om als kwyt te raak. wat kos die winkels se aarbeie

hier rond is mense wat spesifiek net my aarbeie wil koop en nie die winkel of johan sin nie, hulle seg dis die soetste wat hulle nog geproe het. as ek nie het nie wag hulle tot ek het.

PM:
Dankie Lox.  Ek wil 'n paar aarbei plantjies koop en weer probeer met jou voorskrifte.  Wanneer is die beste tyd om te plant.  As ek dit nie mis het nie dra 'n plantjie net drie jaar.  Hou dit van soet of suur grond?  Waarmee voed jy die plantjies indien wel.  Hoe kan 'n mens dit beskerm dat die vogeltjies dit nie alles opeet voordat jy 'n kans kry nie?  Ens. ens.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version