Author Topic: Show up, Shut up and Wear Beige...  (Read 4130 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Show up, Shut up and Wear Beige...
« on: November 13, 2011, 08:51:28 AM »
Show up, Shut up and Wear Beige..

Not te dinges… dink ek.  Ek gaan beslis nie beige aantrek nie.  Ek is alreeds so vaal soos ‘n spook,  beige gaan my soos ‘n ge-Jikte vadoek laat lyk.  Show up, nie te bewyfel.  Shut up..  weet darem nie.  Ek kon dit nog  nooit 100% regkry nie.  Ek kan baie vinnig my sê sê as dit moet.  Maar ek sal my tong moet byt tot op die béén om nie iets te sê.
Die geleentheid?  Ma se enigste se troue.
Nou kyk, hierdie ma is soos ‘n tierboskat oor haar enigste.  Sy het oor berge geloop en deur oseane geswen vir haar enigste.   Nou verwag hulle dat sy moet shut up!!  Hulle vergeet dat dit ook háár kind se troue is.  Haar enigste’tjie se TROUE.  En as die venue en die blomme en die musiek en die koek en die tafels en die kleurskema en die en daai en die ander nie ‘n geheel vorm nie…  then what?? 
Ek het al horror stories gehoor van moeders van die bruid en moeders van die bruidegom wat nie eens by die kerk groet nie of die een is met opset  per ongeluk by ‘n tafel in die verste hoek geplaas.  Horror stories het ek al gehoor.   Sê ek jou. 
Gelukkig het hierdie tweetjies se families al jare met mekaar te doen.  Die kinders is darem al agt jaar bymekaar.  En as dit nie was dat hulle die neste móét verlaat nie, sou hulle nou nog so aangekarring het onder een dak. 
Hierdie ma sal darem nou ook nie die limelight wil steel nie.   Ek is nie baie lief vir die limelight nie.  Het nóg horror stories gehoor van ma’s van die bruidegom wat so uit voel, dat sy stilletjies beplan om op die nippertjie op te daag net sodat almal in die kerk haar rok kan sien.  Gehoor van een wat, toe sy by die kar moet inklim, kamtig haar hak breek.  Sy moes toe weer terug om ‘n ander paar te gaan aantrek, maar dié kon sy nie kry waar dit nog altyd weggepak was nie.  Die hele huishouding moes toe kom soek net om later by haar te hoor sy onthou nou dat sy dit vir tant Adrie geleen het vir die dinee toe die burgemeester ingehuldig is.  Wat nou?  WAT NOU??  Wel, ma, ek moet gaan.  As ma nie die ander hak ook wil afbreek en met ma se nuwe plat skoene na my troue wil kom nie,  moet ma dit maar mis.  Arme vrou?  Nee, sy het haar moment gehad toe sy net  voor die bruid ingestap het amper op maat van die troumars.  Skoonma’s!!  Horribale goed soms.  Die Moeder van alle Hoofpyne.
Nee, hierdie ma sal glimlag terwyl haar oë traan van die pyn soos sy op haar tong byt.  Haar splinternuwe skoondogter ken sy by hierdie tyd baie goed.  Hierdie nuwe skoonma sal shut up sodat haar enigste hom nie hoef te stress oor ‘n ma wat inmeng nie. 
En daar is een ding waarmee ek saamstem,  die kleurskema.  Heerlike sagste van sagte pastelle en die sagvloeiendste materiale….  So romanties as kan kom.  My enigste laat maar die dinge oor aan sy nuwe vroutjie.  As sy gelukkig is, is hy gelukkig.
En ek het nog nie oor die venue vertel nie.  Dáár is nou vir jou ‘n ding wat ek nié mee saamstem nie.   Ek is prakties en dink ‘n plekkie hier naby sal doen ..  of wat van in die tuin ?  Dis tog groot genoeg vir ‘n troue.  En ons maak al die versierings self.  Tooi die groot ou bome in die tuin met silwer stringetjies en lanterns en gooi ‘n rooi mat tot by die gazebo en bind groot strikke om die stoele en alles is te pragtig en binne die budget.  Maar nee, die bruid wil uitwyk wingerde en damme en bome toe.  En my enigste luister maar met ‘n uitdrukking wat jy nie kan peil nie. 
En daar moet nog huis ook opgesit word.
Oee.. die kinders weet nog niks van hoeveel dit kos om plekkie te huur en key deposits en aansluitingsfooie vir dit en vir dat en nuwe meubels en gordyne en groceries…
Ek sal show up, shut up, maar om die dood sal  ek nie beige dra nie.   Mag ek maar swart dra?

elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: Show up, Shut up and Wear Beige...
« Reply #1 on: November 13, 2011, 09:09:23 AM »
Jy lyk pragtig in swart maar jy sê self jy wil nie uitstaan tussen die pastelle nie.   :toothy4: O toggie tog, dit is altyd 'n gesukkel om die regte pakkie te kry wat nie afsteek of uitsteek nie.   :icon_biggrin: Voorspoed sustertjie.
Wanneer is die groot dag?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Show up, Shut up and Wear Beige...
« Reply #2 on: November 13, 2011, 09:29:00 AM »
Morning...
Ek wens die Groot Dag wil nou aanbreek.
Ons het gehoop in April met Pase, 7e want dan word Ouma 88, maar plekke is alreeds vol.
Nou kyk hulle maar na Mei.  Saterdag gaan ons na plekke in Bonnievale kyk, tussen wingerde en berge en damme... En dan het Lox 'n paar links gestuur van venues in daardie omgewing.
En ja, ma sal maar by 'n pastel moet hou.  (Sal nie rerig swart dra nie) Ek kry altyd pluimpies as ek skakerings van pienk en lila dra. 
elle

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Show up, Shut up and Wear Beige...
« Reply #3 on: November 13, 2011, 10:44:23 AM »
oor 20 jaar wonder mens....was die trou seremonie die moeite werd? moes ek liewer nie die en daai genooi het en daai en so en so uitgelos het op die gastelys nie? daars mense wat op ons troue was en ons na amper 28 jaar nooit weer gesien het nie.

Dan wonder mens ook sou die R100 000 vir die troue dalk nie beter gepas gekom het om ies op die huis af te beteaal nie.

maar nou ja elkeen droom van 'n troue dag. ek seg deesdae as jy troue hou  dan nooi jy die mense vir bring en braai en die wat rerig ernstig is om lekker saam party te hou en kom, hulle verras jy met 'n lekker party in 'n stoor of saal of wat ook al.

alle mense se sienings verskil ook.
ons of ek as man kannie verstaan die ding van kleur skemas by troues nie. laat elkeen aantrek wat hy of sy wil? of is dit verkeerd?

in elk geval sterkte vir jou angeliek
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: Show up, Shut up and Wear Beige...
« Reply #4 on: November 13, 2011, 03:04:12 PM »
Ek stem saam.  Deesdae kos 'n troue 'n fortuin en alhoewel ek weet dat die meeste bruidjies 'n groot dag daarvan wil maak, is dit tog baie lekkerder om dit informeel te doen. 
Waar is die dae toe die hele omgewing gebak en gebrou het vir die groot dag.  Almal het ingespring en gehelp.

Verlede jaar is my broer se dogter op 'n plaas so "vergas" deur die hele omgewing se mense.  Tant san het die melktert gebak en Oom Daan het die hoenders geskenk.  Oom Jan het 'n bees gegee en elke Tannie in die omgewing het iets anders gemaak.  Van ribbetjies, wors, tot maalvleis vir die bolletjies en slaaie dat die tafels kreun.

Meisiekind het haar eie trourok gemaak en manlief se brokaat baaitjie met die "manel sterte".

Die spogperde het die troukar getrek en 'n ander is ingespan om die bruid voor die "onthaalsaal"  (Oom Chris se tamaaie waenhuisstoor, wat baie meer indrukwekkend was as die mooiste saal) aan die bruidegom te oorhandig.  Dit is nou na die kerk.  Snaaks nê!

Die vorige naweek is ons almal die veld in om grassade en koringare, peule en rankplante te oes.  Dit is in allerhande mooi kleure bespuit en tussen die ander blomme ingewerk om die mooiste rangskikkings te maak vir die kerkbanke en die "onthaalsaal".   

Dit was 'n whoopi troue met ontbyt die volgende oggend en middagete.  Die paartjie het hulle gaste onthaal tot na die naweek, toe is hulle eers weg vir "heuningmaan".  En die kostes?  'n Liefdevolle bydrae deur elk een wat omgegee het. 

Waar is die dae?

Jy kan my enige tyd na 'n troue toe nooi vir 'n bring en braai en dan bring ek 'n slaai. 

 :icon_biggrin: Ek het geweet jy sal nie swart dra nie en ek sien jou in pienk en lila of pienk of lila. 
Om te weet is om te verstaan.