• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Saartjie se Ingels

Started by Naas, April 21, 2011, 07:49:51 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

My se eie ma, aan my se pa se kant, het daar in Swemlimdam se wereld grootgeword.
Sy weet te vertelle dat daar 'n nooientjie was by name Saartjie. Die wou glo vreeslik graag Ingels praat en sleep toe vir haarselwers een Ingelse kereltjie vanuit die Kaap nader.
Een aand kom die mannetjie kuier en sy wil hom vertel dat sy vir 'n verkeurmannetjie geskrik het.
Haar Ingels kom toe goed te pas.
"You know, this before noon I watch over the afterdoor. I saw a steppie step. I thought it was a poefie adder and skriek me spider white."
Toe wil sy hom vertel van haar pa se werk agter op die Nagwa.
"My father is frontman on the back of the nightwagon."
Later is sy en die Ingelsman getroud en hulle kom die naweek kuier. Die volgende oggend roep haar ma haar vir ontbyt.
"Saartjie wat Sêra geword het, kom eet jou pap wat porridge geword het."


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

O gatta patatta, ek sien nog swarigheid vir Sêra.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Hieheiehei... laat my dink aan my skoonsus hulle wat gespook het met die jongste sustertjie wat van die plaas af kosskool toe moes gaan toe sy ses geword het. Wil hulle haar Engels leer en spandeer ure die vorige aand. Kom sy die oggend met vaakogies aansit en hulle wil natuurlik toe by skoonma spog oor die slimme kind wat so vinnig Ingels geleer het. Hak sy af: al wat ek nou vanoggend onthou is 'soap isse kers'  :toothy4:

Fransi

Hahahahaha, kostelik-pittig.  :icon_biggrin:

Naas

Ons buurvrou in die Paarl was al lankal 'n weduwee. Sy se sy kan klaarkom met 'n Engelsman want sy ken van "Yes" en "no" en netnou weer.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

 :angel4: Wat sal ons lewe wees sonder humor? My pa het altyd gese hy ken ook so bietjie Engels: Yes en no en what stink so?
Ek moet seker ook gaan slaap - sien julle netnou weer  :icon_biggrin:

Naas

Lekker nagrus. Ek sit by die werk.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek sal die yes en no en netnou weer vat.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Aspatat...
Ta Poppie van Oom Naas vertel ook daar by haar op skool was 'n seutjie wat so paar vartjies kwyt was. Glo op sy kop geval met geboorte omdat sy ma hom nie daai oomblik verwag het nie.
So speel hulle met klei en Juffrou se hulle moet iets maak met die klei.
Een maak 'n karretjie, ander een 'n pop.
Die seun. Met die varkietekort rol net die klei in so 'n dik slang.
En wat maak jy? Wil juffrou weet.
Kan jy nie sien dis 'n drol nie.
Haai skuus maar dit het rerig gebeur.
Oom Naas verdraai partykeer die reine waarheid maar Ta Poppie sou nooit lieg nie.

:mumum:

Meraai vannie Baai

#9
Jy skuld my 'n sleutelbord Assie ... my  :coffee2: in sy maai oor die hele ABC & Kie-sleuteltjies. :sign10:

Assie

Skiesie Ta Raatjie, maar die waarheid is soms ANC snaaks en laat mens lekker lag. Of hoe se ek.

:mumum:

PM

Ons  mooi taal en ons mooi sin vir humor hou ons aanmekaar.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.