Author Topic: Season of Sauvignon  (Read 4469 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Season of Sauvignon
« on: October 15, 2011, 04:10:51 PM »

wingerde flits in jonkgroen rye verby
vanoggend
soos elke ander oggend
die Heuwels lok my om te treur
aan jou te dink
daar’s ‘n skeur in my
binne my
lote van hoop tas na ‘n miskien is jy hier
of dalk daar
maar...
dis verby
en aan die aderkant van verlang…
is jy

elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Season of Sauvignon
« Reply #1 on: October 15, 2011, 04:21:50 PM »
Ek sien die jonkgroen rye so in die verbygaan. 

aan die anderkant van verlang... is jy!  Dit is werklik mooi geskryf.

Ek kyk en kyk om iets te sien wat nie mooi inpas nie,  maar pure verniet. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
Re: Season of Sauvignon
« Reply #2 on: October 15, 2011, 06:10:09 PM »
hierdie is werklik goed geskryf. een van jou bestes - verseker

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Season of Sauvignon
« Reply #3 on: October 15, 2011, 09:22:14 PM »
Dankie PM.  Ek het gewonder oor die twee 'rustekens' ....  Maar het gevoel dit is tog nodig. 
En Durbanville Heuwels lyk al fantasties mooi in die nuwe groen.

Dankie Louis. Ek het al gedink ek wil by een van die wingerdbase gaan aanklop vir werk in die wingerde.
Sal druiwetrosse afsny, maar as ek dink aan daardie swaar mandjie vol druiwe wat ek ry op moet dra....
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Season of Sauvignon
« Reply #4 on: October 16, 2011, 07:16:26 AM »
Ek dink dit pas perfek daar Elle.  Dit laat 'n mens net vir 'n oomblik stilstaan om te dink.  Dit is werklik 'n mooi stukkie skryfwerk. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Season of Sauvignon
« Reply #5 on: July 07, 2013, 11:54:44 AM »
Het gou weer Seasons kom haal om dit te vergelyk met die een in die boek.  Soms trek ek nie die "skryfblokkie" lank genoeg nie, dan glip 'n woord of twee in 'n eie versreel in. Gelukkig lees dit toe nie vir my reg nie en kry toe die bewyse hier.

Toe spook ek met die loop loop van Melkbos en daar druk ek die verkeerde skakel en woeps, weg is alles. 

Dit het veroorsaak dat ek heerlik hier in jou plekkie gekuier het.  Ek moes my later self dwing om te los en te gaan "werk" aan die boek. 
Jy het die interessantste plekkie hier.  Al ses bladsye vol van die heerlikste leesgoed. 

Hoe gaan dit met Stomp?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Season of Sauvignon
« Reply #6 on: July 07, 2013, 02:14:40 PM »
 :angel3:  Dankie PM, ek is baie bly as jy tevrede is met my stukkies splinters.
Stomp?  Stomp??
Daai hond se naam moet jy nie voor my eers NOEM nie.
Mos al die pad terug gekom van die plaas af... al padlangs.  
Maar wag, dis nou 'n ander storie daai.
elle