• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Waar is almal?

Started by Angelica, October 15, 2011, 04:53:17 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

PM

Ek ontvang gister 'n briefie van 'n persoon wat op "Ek is stomgeslaan" die onderwerp toe Hannes die kolonkanker gehad het en so siek was, afgekom het.  Sy pa is tans in die hospitaal in Parow en is in 'n kritiese toestand nadat sy liggaam septiese skok opgedoen het na die vierde operasie. 
'n Mens voel so magteloos, daar is niks wat jy kan doen of sê wat dit kan beter maak nie.  Ons vertrou maar net dat dit beter sal gaan.

Dit is goeie nuus dat Meisiekind nou aansterk en ek sal haar hier onder my hartjie dra Adéle.  Groot groetjies vir haar.
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Hi Adele,  se vir Trappies ons hou haar in ons gedagtes.  Mag sy gou baie beter voel.
elle

PM

Oeps, iewers het ek verkeerd verstaan.  Ek reken dit is Adéle se meisiekind wat in die hospitaal was?

Naas het gesê Trappies is 'n paar dae met verlof.  Ek hoop sy kom terug met 'n mooi gediggie vir ons.

Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

#18
 :wave:

Hallo julle, nee ek is nie in die hospitaal nie. Adele gee vir meisiekind 'n drukkie van my asseblief. Hoop sy voel beter. Hoop alles was 'n sukses.

Ek was bietjie weg van rekenaars, jammer. Ek moes laat weet het. Soos gewoonlik het ek nie verder gedink as wat my neus lank is nie, en die is nie baie lank nie... :toothy4:

Ek is weer terug by die werk vandag, so ek loer oral.

Het julle net so baie gemis. Moet sê dis tog lekker om vriende te he wat omgee. LOVE YOU TO!  :love7:

:angel12:

Angelica

Trappies, ons bid kliphard en ons kniee eelte vir jou beterskap en wraggies.. jy is perdfris.
Adele, dan begin ons nou weer van vooraf vir jou meisiekind.
Jammer dat ek die kat aan die stert gehad het.   

elle

Meraai vannie Baai

Sluip ek gou ook weer hier in. Sterkte en beterskap aan almal wat nie te wel voel nie  :love7:

PM

Adéle, ek dink vandag aan jou en jou geliefdes wat 'n begrafnis bywoon.  Hoop regtig die tyd laat dit toe vir 'n koffietjie sodat ek jou 'n stywe drukkie kan gee.
Om te weet is om te verstaan.